Page 57 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 57
Geboue Omvattend
Verhindering van toegang (uitbreiding tot Onderafdeling C)
Indien eiendom gedurende die versekeringstydperk binne ʼn radius van 10 km (tien kilometer) vanaf die perseel vermeld in die Skedule verlore of beskadig word as gevolg van ʼn gevaar omskryf in Onderafdeling A en dit verhinder of belemmer die gebruik van, of toegang tot die perseel wat onder hierdie Afdeling verseker word, betaal die Maatskappy vir enige verlies aan huurgeld wat die Versekerde as gevolg daarvan ly tot hoogstens ʼn bedrag van 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag van toepassing op die geraakte eiendom vir enige een gebeurtenis tot en met R20 000 000 (twintig miljoen rand) as geheel vir die jaar. Die berekening van die verlies aan huurgeld word gegrond op die huurgeld betaalbaar onmiddellik voor die verlies of skade of die gelykstaande huurgeldwaarde daarvan.
Wilde diere (geboue)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies of skade deur wilde diere aangerig aan gebou(-e) en buitegebou(-e) soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie meer as die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal betaal nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 55