Page 59 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 59
Kantoorinhoud
8. diefstal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
8.1 diefstal wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die perseel of as gevolg van diefstal (of enige poging daartoe) wat volg op geweld of dreigement van geweld;
8.2 die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag te betaal nie.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
8.3 die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
OMSKRYWING VAN INHOUD
1. Inhoud beteken:
1.1 alle inhoud wat in die kantoor en/of spreekkamer geleë is soos vermeld in die Skedule, maar uitgesluit dokumente soos omskryf in Onderafdeling C;
1.2 die verhuurder se los en vaste toebehore, die eiendom van die Versekerde of waarvoor hul regtens verantwoordelik is;
1.3 eiendom wat besit word deur enige vennoot of direkteur of werknemer van die Versekerde tot en met R10 000 (tien duisend rand) in die geval van enige een persoon of R20 000 as geheel vir enige een gebeurtenis;
1.4 Die Maatskappy sal nie betaal nie vir:
1.4.1 elektroniese data en verwerkingstoerusting van enige beskrywing;
1.4.2 rekenaars en alle verwante hardeware en bykomstighede;
1.4.3 inligting of data geberg in of op enige van die toerusting omskryf in 1.4.1 en 1.4.2 of meer spesifiek versekerbaar onder die Elektroniese Toerusting Afdeling van die Polis;
1.4.4 kopieermasjiene en skandeerders wat deel uitmaak van ʼn datastelsel of netwerk.
2. Verlies van of skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die eiendom verseker onder Onderafdeling C en die gevolge daarvan verseker onder Onderafdeling D.
3. Verlies en/of uitgawes beskryf onder Onderafdeling B en E.
BEPERKINGS
Die Maatskappy se aanspreeklikheid onder hierdie Onderafdeling is beperk ten opsigte van dokumente, manuskripte, bedryfsboeke, planne, ontwerpe, patrone, modelle en gietvorms tot die waarde van die materiaal en bedrae aan arbeid bestee.
SPESIFIEKE UITSONDERING
Hierdie Onderafdeling sluit nie die volgende in nie:
1. eiendom buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek;
2. ontwerpe, patrone, modelle of gietvorms (behalwe in die mate waartoe vermelde items ingevolge Onderafdeling A verseker is), handelsvoorraad, monsters, motorvoertuie en motorvoertuig-bykomstighede, geld, effekte, seëls, juweliersware of edelgesteentes;
3. gevolglike verlies;
4. skade aan eiendom wat veroorsaak of vererger word deur waardevermindering, motte, ongediertes, insekte en termiete.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 57