Page 61 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 61

 Kantoorinhoud
 ONDERAFDELING D – AANSPREEKLIKHEID DOKUMENTE OMSKREWE GEBEURTENISSE
Regsaanspreeklikheid as ʼn direkte gevolg van verlies van of skade aan dokumente soos omskryf in Onderafdeling C en ten opsigte waarvan betaling, vervanging of herstelwerk gedoen, of aanspreeklikheid deur die Maatskappy ingevolge Onderafdeling C erken is, tensy sodanige betaling, vervanging, herstelwerk of aanspreeklikheid nie gedoen of erken is nie slegs omdat dit van die Versekerde vereis word om die eerste gedeelte van die verlies te dra. Die Maatskappy sal tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) betaal.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
SPESIFIEKE UITSONDERING
Hierdie Onderafdeling sluit nie aanspreeklikheid in nie wat ingevolge enige kontrak, onderneming of ooreenkoms deur die Versekerde aanvaar is indien sodanige aanspreeklikheid nie by die Versekerde sou berus het in die afwesigheid van sodanige kontrak, onderneming of ooreenkoms nie.
MEMORANDUM
Ten opsigte van Onderafdeling D alleenlik, word Algemene Uitsondering 1 gekanselleer en deur die volgende vervang:
"Hierdie Onderafdeling sluit nie verlies, skade, aanspreeklikheid of uitgawes wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur, verband hou met, of die gevolg is van oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie".
ONDERAFDELING E – VERHOGING IN BEDRYFSKOSTE OMSKREWE GEBEURTENISSE
Enige bykomende uitgawes waarvoor daar nie andersins in hierdie afdeling voorsiening gemaak word nie en wat redelikerwys deur die Versekerde aangegaan word met die doel om die gewone werksaamhede van die besigheid in stand te hou as gevolg van verlies of skade ten opsigte waarvan betaling, vervanging of herstelwerk gedoen, of aanspreeklikheid deur die Maatskappy ingevolge onderafdeling A of C erken is.
Die Maatskappy sal hoogstens 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag ingevolge Onderafdeling A betaal.
SPESIFIEKE VOORWAARDE Beveiligingsmaatreëls
Die Versekerde sal voortgaan om gebruik te maak van alle beveiligingsmaatreëls wat op die perseel in plek gestel is, op ooreengekom of op enige wyse voorgestel is om teenwoordig te wees, doeltreffend in stand te hou om toegang of verlating deur diewe te voorkom of te belemmer of na te spoor.
In die mate waartoe enige van hierdie beveiligingsmaatreëls ten tye van enige verlies foutief is, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees ingevolge hierdie Afdeling nie, tensy die Versekerde kan bewys dat sodanige foute:
1. nie redelikerwys deur die Versekerde opgespoor kon word nie of waar dit wel opgespoor kon word nie redelikerwys reggestel kon word voor die verlies plaasgevind het nie, en dat voldoende alternatiewe beveiligingsmaatreëls ingestel is en die Maatskappy so gou moontlik daarvan in kennis gestel is;
2. geensins kon bydra tot die diewe se vermoë om die perseel of enige deel daarvan binne te gaan, daarin te bly en daaruit te ontsnap nie of die moontlikheid te verminder dat hul ondek kon word nie.
Diefalarm vereiste
Dit is ʼn voorvereiste tot die aanspreeklikheid van die Maatskappy dat indien daar ʼn diefalarm by die versekerde perseel geïnstalleer is, daar aan die volgende vereistes voldoen word:
1. die diefalarm wat op die perseel geïnstalleer is, moet ten volle geaktiveer wees wanneer die perseel nie vir normale sakebedrywighede oop is nie, behalwe as enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer op die perseel is;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 59














































































   59   60   61   62   63