Page 62 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 62
2. die versekering sal nie verlies van of skade aan eiendom insluit weens die gebruik van sleutels, die kontrolepaneelkode of afstandbeheer van die diefalarm, of enige duplikaat daarvan, wat aan die versekerde behoort, tensy genoemde sleutels, kontrolepaneelkode of afstandbeheer deur middel van diefstal bekom is nie.
Tensy spesifiek gespesifiseer tot die teendeel, sal alle persele deur só ʼn diefalarm beskerm word en verder word dit vereis dat:
1. die kontrak vir enige diefalarm die dienste van ʼn 24-uur gewapende reaksie-eenheid moet insluit;
2. die kontrolepaneel ʼn gebeurtenis-logboek sal hê waarin die aktivering en deaktivering van die alarmstelsel genoteer word, en na die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis, sal die Maatskappy daarop geregtig wees om alle inligting van die relevante logboek te versoek;
3. sodanige alarm in goeie werkende toestand gehou sal word, dit sal geag word dat die Versekerde hy/sy verpligtinge nagekom het ten opsigte van die instandhouding van die alarm deur middel van ʼn instandhoudingskontrak met die installerings-/diensmaatskappy van die alarmstelsel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking sal steeds van krag wees terwyl die alarmstelsel nie in ʼn werkende toestand is nie weens die onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening vanaf die eindpunte van die voorsieningsgesag se bron van toevoer, en dat sodanige onderbreking nie as gevolg van enige aksie of nalatigheid van die Versekerde is nie.
Diefwering en veiligheidshekke
Dit is ʼn voorvereiste tot aanvaarding van aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling dat alle buitedeure met veiligheidshekke toegerus is en alle oopmaak gedeeltes van eksterne vensters deur middel van diefwering beskerm word, tensy andersins spesifiek gespesifiseer in die Skedule.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Arbeider-/kontrakteur-/werknemer-klousule
Indien ʼn arbeider, kontrakteur of werknemer sonder die wete van die Versekerde iets doen of versuim om iets te doen, wat teenstrydig is met die voorwaardes van hierdie Afdeling, sal dekking nie nietig verklaar word nie. Die Versekerde moet die Maatskappy van so ʼn daad of versuim in kennis stel, sodra hy/sy daarvan bewus word.
Huurders
Die Maatskappy se aanspreeklikheid teenoor die Versekerde word nie geraak deur enige optrede of versuim aan die kant van enige eienaar van ʼn gebou of enige huurder (behalwe die Versekerde) wat sonder die Versekerde se medewete geskied nie. Die Versekerde moet die Maatskappy egter van enige sodanige optrede of versuim, wat strydig is met die Bepalings, Uitsonderings of Voorwaardes van hierdie Afdeling, in kennis stel sodra hy daarvan bewus word en is dan verantwoordelik vir enige bykomende premie wat betaalbaar is vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko deur die Maatskappy aanvaar word.
Inhoud weg van kantore
Hierdie Afdeling is uitgebrei om die volgende in te sluit:
verlies of beskadiging van die kantoorinhoud soos hierbo gespesifiseer, maar uitsluitende eiendom wat behoort aan enige prinsipaal, vennote, direkteure of werknemers, te wyte aan:
1. enige van die versekerde gevare terwyl:
1.1 tydelik in enige private woning, hotel, herberg, losieshuis of klub is waarin die Versekerde of sy prinsipaal, vennote, direkteure of werknemers mag woon; of
1.2 in veilige bewaring is, in enige bank of veilige bewaarplek gedeponeer is.
Kapitaaltoevoegings
Die versekering kragtens hierdie Afdeling sluit in veranderings, toevoegings en verbeterings (maar nie waardevermeerdering bo die versekerde bedrae nie) aan, of tot die eiendom, vir 'n bedrag wat nie 20% (twintig persent) van die versekerde bedrag daarop oorskry nie. Met dien verstande dat die Versekerde onderneem om die Maatskappy na elke versekeringstydperk van sodanige veranderings, toevoegings en verbeterings in kennis te stel en die toepaslike bykomende premie daarvoor te betaal.
Kantoorinhoud
Bladsy | 60 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022