Page 64 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 64

 Vervangingswaarde-voorwaarde
Die grondslag waarop die bedrag betaalbaar bereken word vir ʼn eis ten opsigte van inhoud, is:
1. die vervanging van die inhoud met soortgelyke eiendom in ʼn toestand gelykstaande aan, maar nie beter of meer omvangryk nie as die toestand daarvan toe dit nuut was nie; of
2. die herstel van die inhoud tot ʼn toestand naastenby dieselfde as, maar nie beter as die toestand toe dit nuut was nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. indien, op die tydstip van vervanging of herstel, die bedrag wat die koste verteenwoordig wat aangegaan sou word ter vervanging as al die inhoud verlore, vernietig of onherstelbaar beskadig is, die bedrag oorskry waarteen dit verseker is ten tye van enige verlies of skade, die Versekerde geag sal word sy eie versekeraar te wees vir die verskil en hy dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies sal dra.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Bykomende Lekkasie — eerste verlies
Skade wat veroorsaak is deur lekkasie of ontlading van enige sprinkelaar, deurdrenkingstelsel of brandblusinstallasies/ toestelle.
Indien 'n eersteverliesperk in die Skedule teenoor hierdie bykomende gevaar aangetoon word, is die bedrag van sodanige perk die maksimum aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige enkele gebeurtenis en, slegs vir die doeleindes van hierdie Uitbreiding, sal die volgende die Eweredigheidsvoorwaarde wat vooraf hierin uiteengesit is, vervang:
‟Indien die versekerde eiendom by die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur die lekkasie of ontlading, gesamentlik meer werd is as die bedrag waarteen dit teen brandskade verseker is, is die Maatskappy ingevolge hierdie uitbreiding slegs aanspreeklik vir dié deel van die eersteverliesperk wat die versekerde bedrag teen brand van die totale waarde van sodanige eiendom uitmaak en word die Versekerde sy eie versekeraar geag vir die verskil en dra hy dienooreenkomstig ’n eweredige deel van die verlies. Elke item, indien daar meer as een is, waarop hierdie uitbreiding van toepassing is, is afsonderlik aan hierdie klousule onderworpe.”
Diefstal (nie-kragdadig)
Omskrewe Gebeurtenis 8 onder Onderafdeling A word gekanselleer en vervang deur:
Diefstal of enige poging daartoe behalwe deur ʼn prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 25% (vyf en twintig persent) van die versekerde bedrag te betaal nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
3. die voorwaarde van eweredigheid sal nie by hierdie Opsionele Uitbreiding van toepassing wees nie.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
Kantoorinhoud
  Bladsy | 62 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   62   63   64   65   66