Page 66 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 66

 OMSKREWE GEBEURTENISSE
SAKE-ONDERBREKING
Verlies wat volg op ʼn onderbreking of belemmering van die besigheid by die perseel as gevolg van fisiese Skade wat gedurende die versekeringstydperk plaasvind ten opsigte waarvan betaling gedoen is of aanspreeklikheid erken is ingevolge:
1. die Brandafdeling van hierdie Polis;
2. die Geboue Omvattend-afdeling van hierdie Polis;
3. die Kantoorinhoud-afdeling van hierdie Polis;
4. enige ander materiële skade-versekering wat die belang van die versekerde verseker;
maar slegs ten opsigte van gevare wat verseker is onder die Brandafdeling, en die bykomende gevare gegewe in die Skedule, met uitsluiting van Oesversekering (hierna “Skade” genoem).
Aanspreeklikheid word as erken beskou indien sodanige betaling nie geskied nie bloot omdat daar van die versekerde vereis word om die eerste deel van die verlies te dra. Die Maatskappy stel die versekerde skadeloos in ooreenstemming met die bepalings van die spesifikasie soos hieronder uiteengesit.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Die versekering ingevolge hierdie Afdeling word gestaak indien die besigheid gelikwideer of voortgesit word deur 'n likwidateur of geregtelike bestuurder of as dit permanent gesluit word, behalwe met die skriftelike ooreenkoms van die Maatskappy.
2. By die plaasvind van enige Skade as gevolg waarvan ’n eis ingevolge hierdie afdeling ingestel kan word, moet die versekerde, benewens om te voldoen aan Algemene Voorwaarde 8 en 9, met die nodige ywer alles doen, meehelp en toelaat dat dit gedoen word wat redelikerwys uitvoerbaar is om enige onderbreking of belemmering van die besigheid tot die minimum te beperk, of te stuit, of om die verlies te voorkom, of te verminder en in geval ’n eis ingevolge hierdie afdeling ingestel word, nie later nie as 30 dae ná die verstryking van die skadeloosstellingstydperk of binne sodanige verdere tyd as wat die Maatskappy skriftelik mag toelaat, op sy eie onkoste aan die Maatskappy ’n skriftelike opgawe voorlê waarin, besonderhede van sy eis vervat word tesame met besonderhede van alle ander versekering wat die verlies of enige deel daarvan of gevolglike verlies van enige aard wat daaruit voortspruit, verseker
Geen eis ingevolge hierdie Afdeling sal betaalbaar wees nie, tensy die bepalings van hierdie Spesifieke Voorwaardes nagekom is nie en, in die geval van nienakoming daarvan in enige opsig, moet enige betaling wat reeds vanweë hierdie eis gemaak is, onmiddellik aan die Maatskappy terugbetaal word.
3. Met verwysing na enige materiële skade of brandverlies of belemmering van die besigheid as gevolg van Skade wat gedurende die versekeringstydperk by die Versekerde se eiendom plaasvind en as sodanig deur die Polis erken word, moet dit genoteer word dat die Sake-onderbrekingafdeling nie sal reageer op risiko’s wat diere, oes, wingerde en/of plantasies, insluitende houtplantasies, insluit nie.
Item 1 – Bruto wins (verskilgrondslag)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot verlies aan bruto wins te wyte aan:
1. vermindering in omset; en
2. verhoging in bedryfskoste;
en die bedrag ingevolge daarvan betaalbaar as skadeloosstelling is:
1. ten opsigte van vermindering in omset
die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk as gevolg van die Skade by die standaardomset te kort skiet;
Sake-Onderbreking
   Bladsy | 64 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022












































































   64   65   66   67   68