Page 65 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 65
Kantoorinhoud
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Wilde diere (inhoud)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies van of skade aangerig deur wilde diere aan die inhoud van die gebou(e) en buitegebou(e) soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie meer as die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal betaal nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 63