Page 63 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 63

 Kantoorinhoud
 Nuwe en bykomende persele
Indien die Versekerde ander kantore of spreekkamers okkupeer behalwe dié wat geleë is soos vermeld in die Skedule in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek, sal die versekering geld ingevolge hierdie Afdeling asof sodanige kantoor- of spreekkamerpersele binne die bestek van hierdie Afdeling is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde die Maatskappy binne ʼn redelike tyd na okkupasie daarvan in kennis stel en die bykomende premie betaal wat pro rata bereken word vanaf die tydstip van okkupasie tot aan die einde van die versekeringstydperk wat op daardie tydstip van krag was;
2. hierdie Klousule nie geld vir enige verlies, indien en in soverre dit andersins verseker is nie.
Tydelike herstelwerk en maatreëls na verlies
Dié versekering onder hierdie Afdeling is uitgebrei om alle kostes en/of uitgawes in te sluit wat redelikerwys aangegaan is deur die Versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer en/of sodanige tydelike maatreëls te tref as wat redelikerwys noodsaaklik mag wees na die verlies of skade aan eiendom as gevolg van ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige verlies of skade en kostes en uitgawes nie R50 000 (vyftig duisend rand) in geheel sal oorskry nie.
Tydelike verwydering
Behalwe in die mate waarin dit andersins verseker is, word die versekerde eiendom verseker terwyl dit tydelik na ʼn ander plek verskuif word op die perseel wat in die Skedule vermeld word, of na enige ander perseel insluitende transito per pad, spoor of binnelandse waterweg op enige plek binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid hoogstens 20% (twintig persent) is van die versekerde bedrag, tensy die doel van sodanige tydelike verwydering vir die skoonmaak, hernuwing, herstel of ʼn soortgelyke proses is;
2. die bedrag wat ingevolge hierdie Klousule betaalbaar is, hoogstens die bedrag is wat betaalbaar sou gewees het indien die skade op die deel van die perseel plaasgevind het waarvandaan die eiendom tydelik verwyder is.
Verandering en wanbeskrywing
Die versekering kragtens hierdie Afdeling word nie benadeel deur enige verandering of wanbeskrywing van okkupasie, hetsy weens die oordrag van prosesse of masjinerie of op grond van die aankoop van bykomende persele, strukturele veranderings of herstelwerk aan geboue, toerusting of masjinerie nie, met dien verstande dat die Maatskappy so gou as moontlik na so 'n gebeurtenis daarvan in kennis gestel word en die Versekerde, indien nodig, 'n bykomende premie betaal.
Verwydering van puin
Die versekering onder hierdie Afdeling word uitgebrei om sodanige redelike kostes en uitgawes in te sluit wat noodsaaklikerwys deur die Versekerde aangegaan is vir die verwydering van puin na verlies of skade aan die versekerde eiendom weens ʼn gevaar waarteen hierkragtens verseker is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar nie die versekerde bedrag vermeld in die Skedule vir die eiendom wat geaffekteer is, in geheel sal oorskry nie.
Die Maatskappy sal nie vir die volgende kostes en uitgawes betaal nie:
1. aangegaan in die verwydering van puin, behalwe van die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die area onmiddellik aanliggend tot die terrein;
2. wat voortspruit uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie verseker is onder hierdie Polis/Afdeling nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 61










































































   61   62   63   64   65