Page 60 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 60

 ONDERAFDELING B – HUURGELD OMSKREWE GEBEURTENISSE
Verlies van huurgeld wesenlik aangegaan deur die Versekerde as gevolg daarvan dat die kantoorperseel sodanig beskadig is deur enige van die gevare soos gespesifiseer in Onderafdeling A, dat dit onverhuurbaar is, (insluitende gedeeltelik onverhuurbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir die herstel nodig is en vir 'n bedrag van hoogstens 30% (dertig persent) van die versekerde bedrag of waarde (wat ook al die minste is) van toepassing op die roerende inhoud van die kantoorperseel.
Vir die doel van hierde Onderafdeling sal die term “kantoorperseel” uitgebrei word om enige perseel of gedeelte daarvan in die omgewing van die kantoorperseel in te sluit, skade daaraan wat toegang tot die kantoorperseel kan verhoed of beperk.
ONDERAFDELING C – DOKUMENTE OMSKREWE GEBEURTENISSE
Verlies van of skade aan dokumente wat normaalweg by die kantoorperseel gehou word, deur enige gevaar wat nie spesifiek uitgesluit is nie, tot en met R50 000 (vyftig duisend rand), met betrekking tot arbeid en heropstel kostes.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
OMSKRYWING
Die uitdrukking ‟dokumente” beteken:
films, bande, adressograafplate, boeke, rekords, kaarte, planne, tekeninge, uittreksels, aktes, testamente, verbandbriewe, ooreenkomste, manuskripte, briewe, sertifikate, dokumente en soortgelyke papiere waarop skrif, tik-of drukwerk aangebring is, wat deur die Versekerde in die besigheid gebruik word en wat aan hom behoort of waarvoor hy verantwoordelik is, met uitsluiting van geld, geldige pos-of inkomsteseëls, gekanselleerde en ongekanselleerde koepons, effekte, toonderobligasies, tjeks, wissels en enige skriftelike opdrag om ʼn bepaalde bedrag te betaal en enige skriftelike bewys van skuld of verpligting en alle eiendom wat vervoer of aangehou word as monsters of vir verkoop of naverkoop- aflewering. Die uitdrukking “ dokumente” sluit rekenaarprogrammatuur en rekenaardatadraende media in, tensy anders vermeld in die Skedule. Die uitdrukking ‟ dokumente” sluit ook in al bogenoemde soorte dokumente wat in elektroniese formaat is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
duplikaatrekords van sodanige dokumente gehou word weg van die Versekerde perseel soos beskryf in die Skedule.
BEPERKINGS
Die Maatskappy se aanspreeklikheid onder hierdie Onderafdeling word beperk tot alle kostes, heffings en uitgawes deur die Versekerde aangegaan om sodanige dokumente te herstel of te vervang.
SPESIFIEKE UITSONDERING
Hierdie Onderafdeling sal nie die volgende insluit nie:
1. Verlies of skade veroorsaak deur:
1.1 Elektriese of elektroniese of magnetiese beskadiging, versteurings of uitwissing van elektroniese of magnetiese opnames tensy te wyte aan weerlig;
1.2 ongediertes of onafskeidelike euwels of deur verwerking, kopiëring of ander werk aan die dokumente;
1.3 die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot of direkteur van die Versekerde, hetsy hy/sy alleen of in samewerking met ander optree. Hierdie Uitsondering geld nie vir enige direkteur wat ook ʼn werknemer van die Versekerde is en ten opsigte van wie die Versekerde die reg het om ten alle tye in die uitvoering van sy werk in diens van die Versekerde en in die loop van die besigheid te bestuur, beheer of opdrag te gee nie
2. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang;
3. koste aangegaan om films en video’s en klankbane oor op te neem.
Kantoorinhoud
  Bladsy | 58 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022












































































   58   59   60   61   62