Page 58 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 58

 ONDERAFDELING A – INHOUD OMSKREWE GEBEURTENISSE
KANTOORINHOUD
Skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die inhoud (soos omskryf in die Omskrywing van Inhoud) beskryf in die Skedule, besit deur die Versekerde of waarvoor hul wettiglik verantwoordelik is, insluitend veranderinge gemaak deur die Versekerde as huurder van die gebou en strukture deur:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van, of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu, uitsluitend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels;
6.1.2 weens ʼn vloedgolf as gevolg van aardbewing;
6.1.3 in die ondergrondse werkverrigtinge van enige myn;
6.1.4 of in die ope (buiten geboue, strukture en toerusting wat ontwerp is om in die ope te wees en te werk) tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.5 of enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.2 lugvaartuie en ander vliegtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome, antennes, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennes, satellietskottels, voertuie, of eiendom in, of op sodanige voertuie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang;
2. skade veroorsaak of vererger deur:
2.1 ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel, deurdrenkingstelsel of brandblusinstallasie/ toerusting in die versekerde gebou of in die gebou(e) wat die versekerde eiendom bevat tot en met R50 000 (vyftig duisend rand);
2.2 insakking of grondverskuiwing;
2.3 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
2.4 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting;
7. toevallige skade aan sanitêre ware en spieëls, glasblaaie van meubels of vaste glas wat deel uitmaak van enige meubelstuk tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) vir ieder en elke gebeurtenis van sodanige skade en die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (een duisend rand);
Kantoorinhoud
   Bladsy | 56 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   56   57   58   59   60