Page 56 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 56

 3. kompaktering of opvulling;
4. gebrekkige of foutiewe ontwerp, materiale of vakmanskap;
5. uitgrawings, anders as in die loop van mynboubedrywighede;
6. inkrimping en/of uitsetting van grond, klei of soortgelyke tipes grond weens die klammigheid of waterinhoud daarvan;
7. verwydering of verswakking van stutwerk by die versekerde eiendom.
2. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
2.1 Verlies van of skade aan septiese of opgaartenks, dreine, watervore/-kanale, tensy die gebou(e) tegelykertyd en deur dieselfde gebeurtenis beskadig is;
2.2 Gevolglike verlies hoegenaamd;
2.3 bestaande skade by die aanvang van hierdie dekking.
3. Die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 5% (vyf persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir ieder en elke gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis.
4. Indien vereis, moet die Versekerde bewys lewer dat die verlies of skade waarvoor geëis word deur insakking, grondverskuiwing of heffing veroorsaak is.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Prysaanpassing/Inflasie (Jaar 1 en Jaar 2)
Gedurende elke versekeringstydperk word die versekerde bedrag(-e) ingevolge kolomme 1 en/of 3 van hierdie Afdeling verhoog met daardie deel van die persentasie soos in die Skedule vermeld as die verhouding wat die aantal dae sedert die aanvang van sodanige tydperk uitmaak van die geheel van sodanige tydperk. Tensy anders ooreengekom, is hierdie bepalings slegs van toepassing op die versekerde bedrag (-e) wat ten tye van die aanvang van die versekeringstydperk van krag is.
By elke hernuwingsdatum moet die Versekerde die Maatskappy in kennis stel van die bedrag (-e) wat verseker moet word vir die komende versekeringstydperk en die persentasie verhoging wat vir sodanige tydperk verlang word. By versuim daarvan word die bepalings van hierdie klousule gestaak.
Geboue Omvattend
  Bladsy | 54 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   54   55   56   57   58