Page 33 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 33
Brand
Vervangingskoste – Opleistellasies
Die Maatskappy sal vir die verlies van of skade aan opleistellasies by die versekerde perseel betaal; MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die
opleistellasies soos omskryf is uitgebrei om die volgende in te sluit:
1.1 opleistellasies insluitende ankerpale en verwante draadwerk;
1.2 bogrondse besproeiingspype en sproeiers;
1.3 verwydering van puin en opruimingskostes;
1.4 verwante arbeids- en vervoerkoste;
1.5 koste wat verband hou met verweer en slytasie en geleidelike agteruitgang.
2. die
3. die
minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) en ʼn maksimum bedrag van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) vir ieder en elke eis.
voorwaarde van eweredigheid sal hier van toepassing wees.
Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn 4. die Versekerde as Medeversekeraar geag sal word op die grondslag uiteengesit in die onderstaande tabel:
Ouderdom van opleistellasies
Omvang van dekking
% Medeversekering
0 tot 36 maande
meer as 36 maande maar nie meer as 60 maande nie
meer as 60 maande maar nie meer as 84 maande nie
meer as 84 maande maar nie meer as 108 maande nie
meer as 108 maande
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Aanwysing van eiendom
100% 0%
80% 20%
60% 40%
40% 60%
0% 100%
Vir die doeleindes om, waar nodig, die kolom waaronder enige eiendom verseker is vas te stel, kom die Maatskappy ooreen om die aanwysing waaronder sodanige eiendom in die Versekerde se boeke aangeteken is, te aanvaar.
Alle ander inhoud
Die uitdrukking “alle ander inhoud” waarna in die omskrywing van eiendom in die Skedule verwys word, sluit in, maar is nie beperk tot persoonlike besittings, gereedskap, trapfietse, die eiendom van die Versekerde, of direkteure, of werknemers van die Versekerde nie, in soverre sodanige eiendom nie andersins verseker is nie.
Die voordeel onder hierdie Klousule word beperk tot R10 000 (tien duisend rand) vir enige een individu ten opsigte van verlies van, of skade aan eiendom terwyl hul op die Versekerde se perseel is.
Die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van alle ander inhoud is beperk in terme van:
1. geld en seëls tot ʼn perk van R10 000 (tien duisend rand);
2. dokumente, manuskripte, bedryfsboeke, planne, rekenaarstelselrekords en media, ontwerpe, patrone, modelle en gietvorms tot die waarde van materiaal en bedrae gespandeer ten opsigte van arbeid wat nie R10 000 (tien duisend rand) oorskry nie.
Alternatiewe vervangingsvoorwaardes (ontwerp-vermoë)
Indien die versekerde eiendom wat oor ʼn meetbare kapasiteit, werkingsvermoë of produksie beskik, deur ’n Omskrewe Gebeurtenis beskadig word en dit nie moontlik is om sodanige eiendom ingevolge die herstelwaardevoorwaardes te vervang of te herstel nie, betaal die Maatskappy die koste van vervanging van sodanige eiendom met eiendom waarvan die gehalte van werkingsvermoë, of produksie so na moontlik maar nie minderwaardig is nie, aan dié van die oorspronklike eiendom:
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 31