Page 8 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 8
Nieteenstaande enige Bepaling van hierdie Polis, met inbegrip van enige Uitsluiting, Uitsondering of Uitbreiding of ander Bepaling nie hierby ingesluit nie, wat andersins 'n Algemene Uitsondering ter syde sou stel, word die volgende nie deur hierdie Polis ingesluit nie:
4.1 verlies of vernietiging van, of skade aan enige eiendom hoegenaamd (insluitende 'n rekenaar) of enige verlies of uitgawe hoegenaamd as gevolg daarvan of wat daaruit voortspruit;
4.2 enige regsaanspreeklikheid hoegenaamd;
4.3 enige gevolglike verlies;
regstreeks of onregstreeks veroorsaak of bygedra deur of wat bestaan uit of voortspruit uit die onvermoë of weiering van enige rekenaar, hetsy korrek al dan nie:
1. om enige datum as die regte datum of ware kalenderdatum te behandel, of om op korrekte of toepaslike wyse enige data of inligting te herken, te manipuleer, te interpreteer, te verwerk, te berg, te ontvang of om daarop te reageer, of om enige opdrag of instruksie uit te voer met betrekking tot of in verband met enige sodanige datum; of
2. om enige data of kode vas te lê, te stoor, te behou of op korrekte wyse te verwerk as gevolg van die uitvoer van enige opdrag wat in enige rekenaar geprogrammeer is, synde 'n opdrag wat die verlies van data of die onvermoë om sodanige data op of na enige datum vas te vang, te stoor, te behou of om sodanige data korrek te verwerk, ten opsigte van of in verband met enige sodanige datum; of
3. om enige inligting of kode vas te lê, te stoor, te behou of te verwerk, weens foute in die program, foutiewe invoer of die onopsetlike kansellasie of korrupte data en/of programme; of
4. om enige data te vas te lê, te stoor, te behou of te verwerk as gevolg van die handeling van enige rekenaarvirus of ander korrupte, skadelike of andersins ongemagtigde kode of instruksie, met inbegrip van enige Trojaanse perd, tyd- of logikabom of wurm of enige ander vernietigende of ontwrigtende kode, media of program of versteuring.
'n Rekenaar sluit in enige rekenaar, dataverwerkingstoerusting, mikroskyfie, geïntegreerde stroombaan of soortgelyke toestel in rekenaar- of nie-rekenaartoerusting of enige rekenaarsagteware, -gereedskap, -bedryfstelsel of enige -hardeware of verwante toerusting en die inligting en datum wat elektronies of andersins in of op enige van die bogenoemde bewaar word, hetsy die eiendom van die Versekerde al dan nie.
Spesiale Uitbreiding tot Algemene Uitsondering 4
1.
Verlies of vernietiging van of skade aan die versekerde eiendom deur brand, ontploffing, weerlig en aardbewing of deur die spesiale gevare waarna hieronder verwys word of deur die Glas, Werkgewersaanspreeklikheid, Groep Persoonlike Ongevalle, Aangegewe Voordele of Motorafdelings vrygestel word, word nie deur hierdie Algemene Uitsondering uitgesluit nie.
Die spesiale gevare wat nie vir die doel van hierdie Spesiale Uitbreiding uitgesluit word nie, is skade wat veroorsaak word deur:
1.1 storm, wind, water, hael of sneeu uitgesluit skade aan eiendom:
1.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat noodwendig die gebruik of aanwending van water insluit;
1.1.2 veroorsaak deur vloedgolf afkomstig van aardbewing;
1.1.3 in die ondergrondse werkverrigtinge van enige myn;
1.1.4 in die ope (behalwe geboue, strukture en toerusting wat ontwerp is om in die ope te wees of te werk), tensy dit spesifiek as 'n afsonderlike item in die Skedule verseker is;
1.1.5 in enige struktuur wat nie heeltemal onder dak is nie, tensy spesifiek as 'n afsonderlike item in die Skedule verseker is;
1.1.6 wat keermure is, tensy spesifiek verseker as 'n afsonderlike item in die Skedule;
1.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
1.3 botsing deur diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie of eiendom in of op sodanige voertuie.
Hierdie spesiale gevare sluit nie slytasie of geleidelike agteruitgang in nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bladsy | 6