Page 69 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 69

 Sake-Onderbreking
 Item 5 – Lone (Grondslag van aantal weke)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot die verlies wat deur die Versekerde gely word, weens die betaling van die lone vir die tydperk wat begin met die plaasvind van die Skade en nie langer as die gespesifiseerde aantal weke daarna voortduur nie.
Die bedrag wat as skadeloosstelling ingevolge hierdie item betaalbaar is, is die werklike bedrag wat die Versekerde vir sodanige tydperk as lone betaal aan werknemers, wie se dienste as gevolg van die Skade hoegenaamd nie deur die Versekerde benut kan word nie en ʼn billike gedeelte van die lone wat vir sodanige tydperk aan werknemers betaal word, wie se dienste as gevolg van die Skade nie ten volle deur die Versekerde benut kan word nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word, indien die versekerde bedrag van hierdie item minder is as die totale bedrag wat gedurende die gespesifiseerde aantal weke onmiddellik na die Skade aan lone betaal sou gewees het, indien die Skade nie voorgekom het nie.
Item 6 (i) – Boetes en straftoekennings vir kontrakbreuk
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot boetes en straftoekennings vir kontrakbreuk en die bedrag aan skadevergoeding hierkragtens betaalbaar, is die bedrag waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik is en word betaal ter aflossing van boetes en straftoekennings wat uitsluitlik, as gevolg van Skade vir nie-voltooiing of laat voltooiing van bestellings opgelê word.
Item 6 (ii) – Kontraktuele verpligtinge teenoor verbouers (slegs wynkelders)
Die versekering ingevolge hierdie item word beperk tot die kontraktuele verpligtinge van die Versekerde en die bedrag betaalbaar as skadeloosstelling hieronder sal insluit die bedrae betaalbaar, waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik is, in terme van kontrakte vir die aankoop van ongebruikte of ongeprosesseerde druiwe,
minus enige bedrae ontvangbaar deur die Versekerde ten opsigte van druiwe wat herwin of herverkoop is, alleenlik as gevolg van die Skade aangerig gedurende die tydperk wat ooreenstem met die datum waarop die Skade plaasgevind het en wat nie langer as 12 (twaalf) maande daarna sal duur nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. indien die versekerde bedrag in terme van hierdie item minder is as die totaal van die kontraktuele verpligtinge wat gedurende die daaropvolgende 12 (twaalf) maande betaalbaar sou wees, indien sodanige Skade nie plaasgevind het nie, die bedrag betaalbaar in verhouding daarmee sal verminder;
2. geskrewe bewys van sodanige kontraktuele verpligtinge moet aan die Maatskappy voorgelê word op versoek.
OMSKRYWINGS
Die geld wat aan die Versekerde betaal of betaalbaar is vir goedere verkoop en vir dienste gelewer in die loop van die sakebedrywighede by die persele
   Skadeloosstellingstydperk
Die tydperk wat begin met die aanvang van die Skade en wat eindig nie later nie as die aantal maande daarna vermeld in die Skedule waartydens die resultate van die onderneming as gevolg van die Skade geraak word
     Omset
Die geld wat aan die Versekerde betaal of betaalbaar is vir goedere verkoop en afgelewer en vir dienste gelewer in die loop van die sakebedrywighede by die persele
  Inkomste (uitgesluit wyn en verwante produkte)
    Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 67













































































   67   68   69   70   71