Page 71 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 71

 Sake-Onderbreking
 Memorandum van toepassing op alle omskrywings
Indien goedere gedurende die skadeloosstellingstydperk tot voordeel van die onderneming of deur die Versekerde of deur ander namens die Versekerde elders as by die persele verkoop word of dienste gelewer word, sal die geld betaal of betaalbaar ten opsigte van sodanige verkope of dienste in aanmerking geneem word by die vasstelling van die omset, inkomste of bruto huurgeld gedurende die skadeloosstellingstydperk.
   Standaard-omset, standaard-inkomste en/of standaard bruto huurgeld
Die omset (inkomste) (bruto huurgeld) gedurende daardie tydperk in die 12 (twaalf) maande onmiddellik voor die aanvang van die Skade wat met die skadeloosstellingstydperk ooreenstem.
   Jaarlikse omset, jaarlikse inkomste en/of jaarlikse bruto huurgeld
Die omset (inkomste) (bruto huurgeld) gedurende die 12 (twaalf) maande onmiddellik voor die datum van die Skade.
   Bruto winskoers
Die bruto winskoers verdien op die omset gedurende die finansiële jaar onmiddellik voor die datum van die Skade.
   waaraan sodanige aanpassing gemaak sal word, as wat nodig mag wees, om te voorsien vir die tendens van die onderneming en afwykings of ander omstandighede, wat die onderneming of voor of na die Skade raak,
of wat die onderneming sou geraak het, indien die Skade nie plaasgevind het nie, sodat die syfers wat só aangepas is, so na as wat redelikerwys uitvoerbaar
is, die resultate verteenwoordig wat gedurende die betrokke tydperk na die aanvang daarvan verkry sou gewees het, as dit nie vir die Skade was nie.
Let wel: Indien die Skade voor die voltooiing van
die eerste jaar se handelsbedrywighede van die onderneming by die perseel plaasgevind het, word die waarde van die items wat tussen hakies vermeld word, bereken deur gebruik te maak van die waardes wat gelyk staan aan die resultate wat verkry is, gedurende die tydperk tussen die aanvang van die onderneming en die datum van die Skade.
    KLOUSULES EN UITBREIDINGS
Bykomende persele
In die geval waar die Versekerde vir die doeleindes van die onderneming, gedurende die geldigheidsduur van hierdie Afdeling, enige nuut toegevoegde perseel okkupeer of eiendom daarop het, sal sodanige nuut toegevoegde perseel geag word om ingesluit te wees, by die wat gespesifiseer is, onderworpe aan kennisgewing aan die Maatskappy binne 30 (dertig) dae van datum van ingebruikneming van die nuwe perseel, en onderworpe aan die maksimum skadeloosstellingsperk soos in die Skedule vermeld word onder óf Bruto Wins/Bruto Huurgeld/Inkomste.
Departemente
Indien die onderneming in departemente of takke bedryf word, waarvan die onafhanklike handelsresultate bepaalbaar is, geld die bepalings ingevolge item 1 (bruto wins), 2 (bruto huurgeld) of 3 (inkomste) wat verband hou met verlaging in omset/bruto huurgeld/inkomste en verhoging in bedryfskoste afsonderlik vir elke departement of tak wat deur die Skade geraak word, behalwe dat die bedrag betaalbaar na verhouding verminder word, indien die bedrag wat verseker is deur die betrokke item minder is, as die totaal van die jaarlikse bruto inkomste/jaarlikse huurgeld ontvangbaar verkry deur die bruto wins-koers vir elke departement/tak van die onderneming, hetsy deur Skade geraak al dan nie, toe te pas op die betrokke jaarlikse omset (of op ‘n eweredige verhoogde veelvoud daarvan, indien die skadeloosstellingsperk twaalf maande oorskry).
Deposito-premie
Met inagneming daarvan dat die premie ingevolge Items 1 (bruto wins), 2 (bruto huurgeld) of 3 (inkomste) voorlopig is, omdat dit bereken word op 75% (vyf en sewentig persent) van die versekerde bedrag, is die premies soos volg onderworpe aan aanpassing by die verstryking van elke versekeringstydperk:
1. In die geval waar die bruto wins/bruto huurgeld/inkomste wat verdien is (na verhouding verhoog, indien die aantal maande waarna daar in die omskrywing van skadeloosstellingstydperk verwys word, 12 (twaalf) oorskry gedurende die finansiële jaar, wat die naaste saamval met enige versekeringstydperk, minder of meer as 75% (vyf en sewentig persent) van die bedrag waarteen dit verseker is, word pro rata terugbetaling- of bykomende- premie wat nie 1/3 (een derde) oorskry van die voorlopige premie wat vir sodanige versekeringstydperk betaal is nie, ten opsigte van die verskil betaal.
2. Indien 'n eis ingevolge hierdie Afdeling ingestel word, word die bedrag wat daarop betaal of betaalbaar is as werklik beskou.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 69











































































   69   70   71   72   73