Page 70 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 70

 Sake-Onderbreking
      Inkomste (wyn en verwante produkte)
Die geld wat aan die Versekerde betaal of betaalbaar is, is beperk tot die netto betaling bereken op die gelewerde tonnemaat asook die vaste koste, koöperatiewe kommissie (in geval van ʼn Koöperasie) en verwerkings-kommissie (in die geval van ʼn Maatskappy) vir ʼn spesifieke poel vir uitgawes reeds aangegaan en Inkomste
uit dienste gelewer insluitend die monetêre waarde van die eindvoorraad (onverkoopte) voorraad
MET DIEN VERSTANDE DAT:
ten opsigte van wyn en verwante produkte aangekoop vir die doel van:
1. vermenging of versnyding of
2. om tekorte van wyn aan te vul om bestaande kontrakte na te kom en daaraan te voldoen
Sal geag word om deel uit te maak van Inkomste
minus enige bedrag gedurende die skadeloosstellingstydperk bespaar ten opsigte van sodanige koste en uitgawes van die besigheid wat gestaak of verminder mag word as gevolg van die Skade
  Bruto huurgeld
 Wyn en verwante produkte
     Bruto wins – verskilgrondslag
Die bedrag waarmee:
1. die som van die omset en die bedrag van die eindvoorraad meer is as;
2. die som van die bedrag van die beginvoorraad en die bedrag van die onversekerde koste.
Die bedrag van die beginvoorraad en eindvoorraad vasgestel sal word volgens die Versekerde se gewone rekenkundige metodes met behoorlike voorsiening vir waardevermindering
     Bruto wins – byvoegings- grondslag
Die bedrag wat verkry word deur die netto wins te voeg by die bedrag van die versekerde vaste koste of, indien daar geen netto wins is nie, die bedrag van die versekerde vaste koste, minus sodanige deel van enige netto handelsverlies in dieselfde verhouding as wat die bedrag van die versekerde vaste koste tot alle vaste koste van die onderneming staan
     Onversekerde koste
Soos in die Skedule gespesifiseer (die woorde en uitdrukkings wat gebruik word, dra die betekenis wat gewoonlik aan hulle geheg word in die boeke en rekeninge van die versekerde)
     Netto wins
Die netto handelswins (met uitsluiting van alle kapitaalinkomste en -aanwas en alle uitgawes wat behoorlik teen kapitaal gedebiteer kan word) wat voortspruit uit die onderneming van die versekerde by die perseel nadat behoorlik voorsiening gemaak is vir alle vaste en ander koste, met inbegrip van waardevermindering, maar voor aftrekking van enige belasting wat teen die winste vorderbaar is
     Versekerde vaste kostes
Soos in die Skedule gespesifiseer (die woorde en uitdrukkings wat gebruik word dra die betekenis wat gewoonlik aan hulle geheg word in die boeke en rekeninge van die Versekerde)
     Dienstewyn
Druiwe soos ontvang van die boer (onverwerkte produk), die produk in die wynmaakproses en die eindproduk (wyn), hetsy gebottel of in wyntenks, en alle verwante produkte terwyl dit in bewaring gehou word of onder die toesig of onder die beheer van die Versekerde is, vir die doeleindes om ʼn spesifieke diens aan ʼn boer te lewer vir die maak van wyn
   Die geld wat aan die Versekerde betaal of betaalbaar is deur huurders ten opsigte van die huur van die persele en vir dienste gelewer
Wyn en verwante produkte insluitende verpakkingsmateriaal wat deel daarvan uitmaak, maar uitgesluit Dienstewyn
  Bladsy | 68
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022




































































   68   69   70   71   72