Page 72 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 72
Opgehoopte voorraad
Met die berekening van enige verlies word dit in ag geneem, en ’n billike voorsiening word gemaak, indien enige tekort in omset of inkomste te wyte aan die Skade uitgestel word, uit hoofde daarvan dat, die omset of inkomste tydelik uit opgehoopte voorraad in stand gehou word.
Produksie (alternatiewe grondslag)
Die woord "produksie" mag, na die keuse van die Versekerde, die woord "omset" vervang en vir die doeleindes van hierdie Afdeling sal "produksie" beteken die verkoop- of oordragwaarde, soos in die versekerde se boeke aangedui, van goedere wat deur die Versekerde by die perseel vervaardig of verwerk is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. slegs die betekenis van "produksie" of die betekenis van "omset" van krag is in verband met enige enkele gebeurtenis wat onderbreking tot gevolg het;
2. indien die betekenis van "produksie" gebruik word:
2.1 geld die klousule ten opsigte van ophoping van voorraad nie;
2.2 die memorandum aan die einde van die Woordomskrywings soos volg sal lees:
"Indien goedere gedurende die skadeloosstellingstydperk tot voordeel van die onderneming of deur die Versekerde of deur ander namens die Versekerde elders as by die perseel vervaardig of verwerk word, sal die verkoopwaarde of oordragswaarde van sodanige goedere in aanmerking geneem word, by die vasstelling van die produksie gedurende die skadeloosstellingstydperk."
Rekenmeesters
Enige gegewens of besonderhede wat in die versekerde se rekeningkundige rekords of ander besigheidsboeke of dokumente vervat word en wat deur die Maatskappy benodig mag word, ingevolge hierdie afdeling met die doel om enige eis hierkragtens te ondersoek of te staaf, mag deur die versekerde se ouditeure of professionele rekenmeesters gelewer en gesertifiseer word en hul sertifikaat is prima facie bewys van die gegewens en besonderhede waarop sodanige sertifikaat betrekking het.
Uitbreidings na ander persele – beperk tot die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek.
Verlies, soos verseker onder hierdie Afdeling, wat voortspruit uit onderbreking of belemmering van die onderneming, as gevolg van fisiese Skade (soos per die Sake-Onderbreking Omskrewe Gebeurtenisse) by die volgende persele of by die volgende eiendom, word geag verlies te wees wat voortspruit uit Skade aan eiendom wat deur die Versekerde by die perseel gebruik word;
1. Kontrakpersele
Enige terrein wat nie deur die Versekerde geokkupeer word nie waar die Versekerde ʼn kontrak uitvoer
2. Berging, transito en voertuig
Die eiendom van die versekerde terwyl dit geberg word of terwyl dit per lug, pad, spoor of binnelandse waterweg vervoer word of wat die motorvoertuie van die versekerde is, op ’n ander plek as by die perseel wat deur die versekerde geokkupeer word.
3. Verhindering van toegang
Eiendom wat binne ʼn 10 km (tien kilometer) radius vanaf die Versekerde se perseel is wat vermeld word in die Skedule, waarvan fisiese vernietiging of fisiese Skade daaraan, die gebruik van die Versekerde se perseel sal verhoed of toegang daartoe sal verhinder, hetsy die perseel of eiendom van die Versekerde daarin beskadig is al dan nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) te betaal van die bruto wins, bruto huurgeld of inkomste se versekerde bedrag, vir ieder en elke gebeurtenis of R20 000 000 (twintig miljoen rand) nie, wat ook al die minste is.
Sake-Onderbreking
Bladsy | 70 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022