Page 74 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 74

 Uitbreidings na ander persele – beperk tot die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Malawi en Mosambiek.
Verlies, soos verseker onder hierdie Afdeling, wat voortspruit uit onderbreking of belemmering van die onderneming, as gevolg van fisiese Skade (soos per die Sake-Onderbreking Omskrewe Gebeurtenisse) by die volgende persele of by die volgende eiendom, word geag verlies te wees wat voortspruit uit Skade aan eiendom wat deur die Versekerde by die perseel gebruik word;
1. Gespesifiseerde verskaffers/subkontrakteurs
Die perseel van die direkte verskaffers en subkontrakteurs gespesifiseer in die Skedule onderworpe aan vermelde beperkings;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 25% (vyf en twintig persent) van die bruto winsbedrag te betaal aan enige gespesifiseerde verskaffer/subkontrakteur nie tensy anders in die Skedule vermeld word vir iedere en elke eis.
2. Gespesifiseerde klante
Die perseel van die direkte klante gespesifiseer in die Skedule onderworpe aan vermelde beperkings; MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 25% (vyf en twintig persent) van die bruto winsbedrag te betaal aan enige gespesifiseerde klant nie tensy anders in die Skedule vermeld word vir iedere en elke eis.
3. Ongespesifiseerde verskaffers
Die persele van enige ander van die Versekerde se direkte verskaffers, vervaardigers of verwerkers van komponente, goedere of materiale, maar met uitsluiting van die perseel van enige openbare onderneming van wie die Versekerde elektrisiteit, gas of water verkry onderworpe aan die beperkings gestel in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 10% (tien persent) van die bruto winsbedrag te betaal aan enige ongespesifiseerde verskaffer nie tensy anders in die Skedule vermeld word vir iedere en elke eis.
4. Openbare dienste – slegs versekerde gevare
Eiendom by elektrisiteitsopwekkingstasies, substasies of transmissienetwerke, gasfabrieke insluitende die verwante gasverspreidingsnetwerk, watersuiweringsaanlegte, pompstasies, waterleidings en pypleidings van ʼn owerheid wat regtens gemagtig is om water, gas of elektrisiteit vir openbare gebruik te verskaf en wat lei tot ʼn toevoeronderbreking van water, gas of elektrisiteit by die versekerde perseel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) te betaal van die versekerde bedrag van die bruto wins, bruto huurgeld of inkomste vir ieder en elke gebeurtenis of R20 000 000 (twintig miljoen rand) nie, wat ook al die minste is.
5. Openbare telekommunikasie – slegs versekerde gevare
5.1 aan eiendom op die persele van enige openbare owerheid wat regtens gemagtig is om ʼn telekommunikasiefasiliteit aan die Versekerde te verleen;
5.2 aan die transmissiefasiliteitnetwerk van die openbare owerheid in 5.1 hierbo vermeld;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) te betaal van die versekerde bedrag van die bruto wins, bruto huurgeld of inkomste vir ieder en elke gebeurtenis of R20 000 000 (twintig miljoen rand) nie, wat ook al die minste is.
Sake-Onderbreking
  Bladsy | 72 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   72   73   74   75   76