Page 73 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 73
Sake-Onderbreking
Verkoop van geredde goedere
Indien die Versekerde gedurende die skadeloosstellingstydperk ʼn bergingsverkoping hou, lees Klousule 1 van Item 1 (bruto wins) vir die doeleindes van sodanige eis as volg:
"1. ten opsigte van vermindering in omset, die bedrag verkry deur die bruto winskoers toe te pas op die bedrag waarmee die omset gedurende die skadeloosstellingstydperk (minus die omset vir die tydperk van die verkoping van geredde goedere) as gevolg van die Skade by die standaardomset tekort skiet, van welke totaal die werklik bruto wins wat gedurende die tydperk van die verkoping van geredde goedere verdien is, afgetrek word."
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Diefstal deur kragdadige toegang
Die volgende Omskrewe Gebeurtenis word bygevoeg:
Diefstal wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die perseel, ingevolge daar betaling gemaak is of aanspreeklikheid erken is onder die Diefstal-afdeling van hierdie Polis, of enige poging daartoe, of as gevolg van diefstal (of enige poging daartoe) na aanleiding van geweld of dreigement van geweld;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy onder hierdie Uitbreiding nie aanspreeklik sal wees vir diefstal deur enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde nie;
2. die Maatskappy nie meer sal betaal as die versekerde bedrag wat vermeld word in die Skedule van die Diefstal- Afdeling vir beide hierdie Afdeling en die Diefstal-afdeling tesame nie.
Toevallige skade – wyn
Die volgende Omskrewe Gebeurtenis word bygevoeg:
Verlies na onderbreking of belemmering van die onderneming as gevolg van Skade wat gedurende die versekeringstydperk by die persele plaasvind ten opsigte waarvan betaling gemaak is of aanspreeklikheid erken is ingevolge Omskrewe Gebeurtenis 3.1 soos vervat in Spesiale Voorwaardes met verwysing na Wyn en verwante produkte van die Afdeling Toevallige Skade – Wyn van hierdie Polis (hierna Skade genoem)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bepaling ingevolge enige item van hierdie Afdeling, dat die betaling dienooreenkomstig verminder word indien die versekerde bedrag van toepassing op die item onvoldoende is, geskrap word ten opsigte van hierdie Omskrewe Gebeurtenis;
2. die Maatskappy nie meer sal betaal as die versekerde bedrag wat vermeld in die Skedule van die Afdeling Toevallige Skade – Wyn vir beide hierdie Afdeling en die Afdeling Toevallige Skade – Wyn tesame nie.
Toevallige skade – wyn uitgesluit
Die volgende Omskrewe Gebeurtenis word bygevoeg:
Verlies na onderbreking of belemmering van die onderneming as gevolg van Skade wat gedurende die versekeringstydperk by die persele plaasvind ten opsigte waarvan betaling gemaak is of aanspreeklikheid erken is ingevolge Omskrewe Gebeurtenis 1 van die Afdeling Toevallige Skade – Wyn Uitgesluit van hierdie Polis (hierna Skade genoem)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bepaling, ingevolge enige item van hierdie Afdeling, dat die betaling dienooreenkomstig verminder word indien die versekerde bedrag van toepassing op die item onvoldoende is, geskrap word ten opsigte van hierdie Omskrewe Gebeurtenis;
2. die Maatskappy nie meer sal betaal as die versekerde bedrag wat vermeld word in die Skedule van die Afdeling Toevallige Skade – Wyn Uitgesluit vir beide hierdie Afdeling en die Afdeling Toevallige Skade – Wyn Uitgesluit tesame nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 71