Page 75 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 75
Rekeninge Ontvangbaar
OMSKREWE GEBEURTENISSE
REKENINGE ONTVANGBAAR
Verlies of skade weens ʼn ongeluk of teëspoed (hierna Skade genoem) in verband met die Versekerde se rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of -rekords by die perseel of by die woning van enige direkteur, vennoot of werknemer of by die perseel van enige rekenmeester van die Versekerde, as gevolg waarvan die Versekerde nie in staat is om die uitstaande debietsaldo’s wat ten volle of gedeeltelik aan hul verskuldig is, na te spoor of vas te stel nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie die versekerde bedrag sal oorskry wat in die Skedule vermeld word nie, en dat die skadeloosstellingsgrondslag is, soos uiteengesit in die spesifikasie wat deel uitmaak van hierdie Afdeling.
Indien, sodanige rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of rekords na ʼn plek van veiligheid verwyder word, weens ʼn dreigende gevaar van hulle vernietiging, geld die versekering hierkragtens indien, sodanige goedere vernietig, beskadig of verlore raak, soos vermeld, gedurende sodanige verwydering of terwyl dit só geleë is of terwyl dit na die perseel teruggebring sou word, met dien verstande dat die Versekerde die Maatskappy binne 30 (dertig) dae daarna, skriftelik van sodanige verwydering in kennis stel.
Die Maatskappy betaal ook alle redelike invorderingskoste en -uitgawes wat deur die Versekerde aangegaan word en wat die gewone invorderingskoste en -uitgawes oorskry wat deur, sodanige Skade genoodsaak word.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie vir die volgende betaal nie:
1. verlies wat voortspruit uit verlies van, of Skade aan, die rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of rekords wat veroorsaak word deur:
1.1 slytasie of geleidelike agteruitgang of motte of ongediertes;
1.2 terughouding, beslaglegging of konfiskering deur enige wettig ingestelde owerheid;
1.3 elektriese, elektroniese of magnetiese beskadiging, stoornisse van, of uitwissing, tensy die Versekerde duplikaatrekords in stand hou waarna in die Duplikaatrekordklousule in hierdie Afdeling verwys word, in welke geval die Versekerde vir die eerste R500 (vyf honderd rand) van ieder en elke verlies verantwoordelik sal wees;
2. verlies veroorsaak deur bedrog of oneerlikheid van enige prinsipaal, direkteur, vennoot of werknemer van die Versekerde.
SPESIFIKASIE
Die versekering ingevolge hierdie Afdeling word beperk tot die verlies wat deur die Versekerde gely word ten opsigte van uitstaande debietsaldo’s wat regstreeks te wyte is aan Skade en die bedrag wat betaalbaar is beloop hoogstens:
1. die verskil tussen:
1.1 die uitstaande debietsaldo’s; en
1.2 die totaal van die bedrae ontvang of nagespoor ten opsigte daarvan; plus
2. die bykomende uitgawe aangegaan om kliënte se debietsaldo’s na die Skade na te spoor en vas te stel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Indien die versekerde bedrag ingevolge hierdie item minder is as die uitstaande debietsaldo’s, die bedrag betaalbaar na verhouding verminder sal word.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 73