Page 76 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 76

 Rekeninge Ontvangbaar
 OMSKRYWINGS
    Uitstaande debietsaldo’s
   Die totaal wat in die laaste staat verklaar word ingevolge die bepalings van die volgende memorandum gegee en aangepas is vir:
1. slegte skulde;
2. bedrae gedebiteer (of gefaktureer, maar nie gedebiteer nie) en gekrediteer (insluitende kredietnotas en kontant wat nie ten tye van die Skade in die boeke opgeneem is nie) teen kliënte se rekeninge in die tydperk tussen die datum van die vermelde laaste staat en die datum van die Skade; en
3. enige abnormale handelstoestand wat ʼn wesenlike invloed op die besigheid gehad het of kon gehad het;
sodat die aangepaste bedrag aldus verkry so na as redelikerwys uitvoerbaar is, die bedrag verteenwoordig wat, as dit nie vir die Skade was nie, verkry sou gewees het op die datum van die Skade
 KLOUSULES EN UITBREIDINGS Aanpassing
As teenprestasie daarvoor dat die premie ingevolge hierdie Afdeling voorlopig is omdat dit op 75% (vyf en sewentig persent) van die versekerde bedrag bereken word, word die premie soos volg aangepas:
By die verstryking van elke versekeringstydperk word die werklike premie bereken teen die persentasietarief per jaar op die gemiddelde versekerde bedrag; dit wil sê, die totaal van die bedrae wat verklaar is, gedeel deur die getal verklarings. Indien, die werklike premie meer is as die voorlopige premie, moet die Versekerde die verskil betaal. Indien dit minder is, word die verskil aan die Versekerde terugbetaal, maar sodanige terugbetaling beloop hoogstens 33.3% (drie en dertig en ʼn derde persent) van die voorlopige premie wat betaal is.
Indien, die bedrag van ʼn verklaring die versekerde bedrag oorskry, wat op die datum van sodanige verklaring van toepassing is, word dit slegs vir die doel van hierdie memorandum geag dat die Versekerde sodanige versekerde bedrag verklaar het.
Duplikaatrekords
Hetsy in elektroniese of ander formaat, moet die Versekerde duplikate van sy rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of rekords in stand hou, waarin besonderhede van uitstaande saldo’s vervat word en sodanige duplikate moet by ander persele, as die oorspronklikes daarvan geberg word.
Rekenmeesters
Enige gegewens of besonderhede wat in die Versekerde se rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of rekords vervat word en wat deur die Maatskappy benodig mag word, ingevolge hierdie Afdeling om enige eis hierkragtens te ondersoek of te staaf, mag deur die Versekerde se ouditeure of professionele rekenmeesters gelewer en gesertifiseer word en hul sertifikaat is prima facie bewys van die gegewens en besonderhede waarop sodanige sertifikaat betrekking het.
Verklarings
Die Versekerde moet binne 60 (sestig) dae na die einde van elke maand, of ʼn ander tydperk waarop ooreengekom word, ʼn ondertekende verklaring by die Maatskappy indien, wat die totale bedrag aantoon wat uitstaande is in kliënte se rekeninge soos uiteengesit in die Versekerde se rekeninge aan die einde van die betrokke maand.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Beveiligingsmaatreëls
Hetsy in elektroniese of ander formaat, moet die Versekerde se rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of rekords waarin, besonderhede van uitstaande saldo’s vervat word, in ʼn brand weerstande kluis, kabinet of kluis buite sake-ure gehou word, tensy daar aan hulle gewerk of vir onmiddellike verwysing gebruik word.
 Bladsy | 74 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022














































































   74   75   76   77   78