Page 78 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 78

 OMSKREWE GEBEURTENISSE
Verlies van of skade aan alle inhoud (die eiendom van die Versekerde of waarvoor hul regtens verantwoordelik is) van enige gebou(e) en/of wyntenks by die versekerde perseel soos omskryf in die Skedule as gevolg van diefstal wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou, of enige poging daartoe of as gevolg van diefstal of enige poging daartoe, na aanleiding van geweld of dreigement van geweld.
Die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Die Maatskappy sal ook betaal vir verlies of skade aan eiendom as gevolg van:
1. Verliese veroorsaak deur of gepaardgaande met:
1.1 ʼn dief of diewe wat op die versekerde perseel weggekruip het of versteek is voor sluiting van die dag se sakebedrywighede;
1.2 betreding en/of verlating van die geaffekteerde perseel deur gebruik te maak van ʼn loper of ander soortgelyke toestel (uitgesonder ʼn duplikaatsleutel);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde tot die Maatskappy se bevrediging kan bewys dat ʼn loper of soortgelyke toestel gebruik is.
2. Verliese terwyl in ʼn gebou op enige bykomende perseel/persele:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bykomende perseel/persele aan die Maatskappy verklaar word binne 30 (dertig) dae vanaf die datum waarop die risiko vir die Maatskappy bestaan;
2. ʼn bykomende premie, indien enige, betaal word;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Uitbreiding hoogstens 50% (vyftig persent) beloop van die hoogste bedrag vermeld in die Skedule van toepassing op enige perseel.
3. Skade aan geboue en/of wyntenks
Skade aan geboue, insluitende die verhuurder se los en vaste toebehore, wyntenks, hetsy binne die gebou of gekoppel aan die buitekant van die geboue by die versekerde perseel tydens diefstal of enige poging daartoe;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) per voorval te betaal nie.
4. Bykomende kostes
Die Maatskappy sal ook betaal vir kostes aangegaan, uitsluitend enige bedrag verhaalbaar onder enige ander Bepaling of Afdeling ten opsigte van:
4.1 verlies van geboue, die verhuurder se los en vaste toebehore, wyntenks by die versekerde perseel as gevolg van, diefstal gepaardgaande met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou of wyntenk of enige poging daartoe of weens diefstal;
4.2 tydelike herstelwerk ten opsigte van, alle redelike kostes en uitgawes in die uitvoer van sulke tydelike herstelwerk en sodanige tydelike maatreëls te tref soos wat redelikerwys nodig mag wees na verlies of skade;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. 2.
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) in geheel vir elke gebeurtenis te betaal nie;
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis.
Diefstal
  DIEFSTAL
 Bladsy | 76
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





































































   76   77   78   79   80