Page 79 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 79
Diefstal
5. Eiendom van gaste (slegs van toepassing op akkommodasierisiko’s)
Bykomend tot enige bedrag betaalbaar sal die Maatskappy ook betaal vir die verlies van of skade aan gaste se eiendom as gevolg van, diefstal of poging tot diefstal by die versekerde perseel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die eiendom nie andersins verseker is nie;
2. eiendom sal beteken persoonlike besittings en trapfietse;
3. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie, om meer te betaal as:
3.1 R10 000 (tien duisend rand) per persoon, per gebeurtenis; of
3.2 R25 000 (vyf en twintig duisend rand) in geheel vir enige een gebeurtenis;
4. en die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) per persoon vir ieder en elke eis.
MEMORANDUM – ALLE INHOUD
Die term ‟alle inhoud” sluit in persoonlike besittings, gereedskap en trapfietse wat die eiendom van die Versekerde is of enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde tot die mate waartoe sodanige eiendom nie andersins verseker is nie, tot en met R10 000 (tien duisend rand) in die geval van enige enkele persoon of R20 000 (twintig duisend rand) in geheel vir enige gebeurtenis.
SPESIFIEKE VOORWAARDE Beveiligingsmaatreëls
Die Versekerde sal voortgaan om gebruik te maak van alle beveiligingsmaatreëls wat op die perseel in plek gestel is, op ooreengekom, of op enige wyse voorgestel is om teenwoordig te wees, doeltreffend in stand te hou om toegang of verlating deur diewe te voorkom of te belemmer of na te spoor.
In die mate waartoe, enige van hierdie beveiligingsmaatreëls ten tye van enige verlies foutief is, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees ingevolge hierdie Afdeling nie, tensy die Versekerde kan bewys dat sodanige foute:
1. nie redelikerwys deur die Versekerde opgespoor kon word nie of waar dit wel opgespoor kon word nie redelikerwys reggestel kon word, voor die verlies plaasgevind het nie, en dat voldoende alternatiewe beveiligingsmaatreëls ingestel is en die Maatskappy so gou moontlik, daarvan in kennis gestel is;
2. geensins, kon bydra tot die diewe se vermoë om die perseel of enige deel daarvan binne te gaan, daarin te bly en daaruit te ontsnap nie of die moontlikheid te verminder, dat hul ondek kon word nie.
Diefalarm vereiste
Dit is ʼn voorvereiste tot die aanspreeklikheid van die Maatskappy, dat indien daar ʼn diefalarm by die versekerde perseel geïnstalleer is, daar aan die volgende vereistes voldoen word:
1. die diefalarm wat op die perseel geïnstalleer is, moet ten volle geaktiveer wees, wanneer die perseel nie vir normale sakebedrywighede oop is nie, behalwe as enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer op die perseel is;
2. die versekering sal nie verlies van of skade aan eiendom insluit weens die gebruik van sleutels, die kontrolepaneelkode of afstandbeheer van die diefalarm, of enige duplikaat daarvan, wat aan die versekerde behoort, tensy genoemde sleutels, kontrolepaneelkode of afstandbeheer deur middel van diefstal bekom is nie.
Tensy spesifiek gespesifiseer tot die teendeel, sal alle persele deur só ʼn diefalarm beskerm word en verder word dit vereis dat:
1. die kontrak vir enige diefalarm die dienste van ʼn 24-uur gewapende reaksie-eenheid moet insluit;
2. die kontrolepaneel ʼn gebeurtenis-logboek sal hê waarin die aktivering en deaktivering van die alarmstelsel genoteer word, en na die gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis, sal die Maatskappy daarop geregtig wees, om alle inligting van die relevante logboek te versoek;
3. sodanige alarm in goeie werkende toestand gehou sal word, dit sal geag word dat die Versekerde hy/sy verpligtinge nagekom het, ten opsigte van die instandhouding van die alarm deur middel van, ʼn instandhoudingskontrak met die installerings-/diensmaatskappy van die alarmstelsel;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 77