Page 80 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 80
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking sal steeds van krag wees terwyl die alarmstelsel nie in ʼn werkende toestand is nie, weens die onderbreking van die openbare elektrisiteitsvoorsiening vanaf die eindpunte van die voorsieningsgesag se bron van toevoer, en dat sodanige onderbreking nie as gevolg van, enige aksie of nalatigheid van die Versekerde is nie.
Diefwering en veiligheidshekke
Dit is ʼn voorvereiste tot aanvaarding van aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Afdeling, dat alle buitedeure met veiligheidshekke toegerus is en alle oopmaak gedeeltes van eksterne vensters deur middel van diefwering beskerm word, tensy andersins spesifiek gespesifiseer in die Skedule.
BEPERKINGS
Die Maatskappy se aanspreeklikheid is beperk onder hierdie Afdeling met betrekking tot dokumente, manuskripte, bedryfsboeke, planne, ontwerpe, patrone, modelle en gietvorms tot die waarde van materiaal en bedrae aan arbeid bestee.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies of skade wat onder ʼn brandversekeringspolis verseker kan word, behalwe in die geval van ontploffing veroorsaak, in ʼn poging om toegang te bewerkstellig;
2. verlies of skade wat onder ʼn glasversekeringspolis verseker kan word;
3. eiendom wat meer spesifiek verseker is of, tensy in die Skedule gespesifiseer, kontant, bank- en valuta-note, tjeks, kredietkaart koopbewyse, posorders, geldwissels, geldige verhandelbare seëls en dokumente of sertifikate van verhandelbare aard;
4. verlies of skade waarin enige prinsipaal, vennoot, direkteur of enige lid van die Versekerde se huishouding of familie of enige van die Versekerde se werknemers as dader of medepligtige betrokke is;
5. verlies of skade gedurende, of as gevolg van, brand of ontploffing;
6. gevolglike verlies of skade van enige aard hoegenaamd.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Brandstof in ondergrondse tenk(s)
Brandstof wat in ondergrondse tenks by die versekerde perseel aangehou word, onderhewig aan:
1. kragdadige en gewelddadige inbraak in ondergrondse tenks wat behoorlik met ʼn geskikte slot of ander goedgekeurde metode gesluit is;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie meer sal betaal as die gegewe perk in die Skedule nie.
Bykomende skade aan geboue en/of wyntenks
Skade aan die geboue insluitende die verhuurder se los en vaste toebehore, en wyntenks by die versekerde perseel, hetsy binne die geboue of gekoppel aan die buitekant van die geboue, by die versekerde perseel tydens diefstal of enige poging daartoe;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer te betaal per gebeurtenis as die gegewe bedrag vermeld in die Skedule nie.
Diefstal
Bladsy | 78 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022