Page 82 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 82
OMSKRYWINGS
Geld
ONDERAFDELING A OMSKREWE GEBEURTENISSE
GELD
Verlies van of skade aan geld (soos omskryf) wat plaasvind in die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek tensy anders gestipuleer;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid vir alle verlies of skade, wat voortspruit uit alle gebeurtenisse van ’n reeks, wat volg op, of toe te skryf is aan, ʼn enkele bron of oorspronklike oorsaak, sal hoogstens die spesifieke perke vermeld in die Skedule beloop.
Geld
Kontant, bank- en valuta-note, posorders, geldwissels, geldige verhandelbare seëls, inkomste- en vakansiesbetalingseëls, kredietkaartstrokies, dokumente, sertifikate of ander items van 'n verhandelbare aard, voorafbetaalde koopbewyse, die eiendom van die Versekerde of waarvoor hul regtens verantwoordelik is
Houer
Klerasie
Klerasie en persoonlike besittings wat nie andersins verseker is nie en wat aan die Versekerde of aan enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde behoort
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Houers en klerasie
Enige brandkluis, -kas, -trommel, geldlaai, kasregister, geldkis of ander houer vir geld of enige frankeermasjien
Bykomend tot enige betaling ten opsigte van ʼn Omskrewe Gebeurtenis, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van houers en klerasie (soos omskryf) wat, verlore of beskadig word, weens diefstal van geld, of poging daartoe;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy se aanspreeklikheid ingevolge hierdie Uitbreiding hoogstens R5 000 (vyf duisend rand) sal beloop ten opsigte van enige enkele eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Krediet-/debietkaarte
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel teen verlies as gevolg van die ongemagtigde gebruik van enige krediet-, betaal-, debiet-, of kontant-kaart uitgereik in die Versekerde se naam;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die kaart deur ʼn ongemagtigde persoon gebruik word;
2. die verlies onmiddellik aan die Polisie gerapporteer word en die geregistreerde uitreikingsadministrateur van die kaart in kennis gestel word, sodra daar ontdek word dat die kaart verlore is;
3. die Versekerde aan al die bepalings en voorwaardes voldoen soos voorgeskryf deur die geregistreerde uitreikingsadministrateur ten opsigte van verlore of gesteelde kaarte;
4. die aanspreeklikheid van die Maatskappy hoogstens R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R15 000 (vyftien duisend rand) in geheel gedurende enige versekeringstydperk sal beloop.
Bladsy | 80 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022