Page 84 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 84
4. Algemene Uitsondering 2 en Algemene Voorwaardes 2 en 11 sal nie op hierdie voordeel van toepassing wees nie.
5. Ten opsigte van hierdie Uitbreiding word net Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang:
“Hierdie Uitbreiding sluit nie dood of liggaamlike besering regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van, oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede (hetsy oorlog verklaar word al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand teen gesag, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie”.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS
1. Liggaamlike besering word geag om besering in te sluit wat veroorsaak word deur hongersnood, dors en/of blootstelling aan natuurlike elemente wat regstreeks of onregstreeks voortspruit daaruit dat sodanige persoon die slagoffer van diefstal of ʼn poging daartoe is;
2. In die geval dat enige sodanige persoon verdwyn onder omstandighede wat die Maatskappy tevrede stel dat hy/sy ʼn besering opgedoen het en dat sodanige besering tot die dood van sodanige persoon gelei het, sal die Maatskappy, vir die doel van die versekering, hom/haar as dood beskou;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Indien daar, nadat die Maatskappy ʼn betaling, ten opsigte van sodanige persoon se vermoedelike dood, hierkragtens gemaak het, en daar gevind word dat hy/sy lewe, sodanige betaling onverwyld deur die Versekerde aan die Maatskappy terugbetaal word.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Onderafdeling A)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir verlies van of skade aan geld:
1. wat voortspruit uit die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of persoon/persone in diens van die Versekerde wat nie binne 14 (veertien) werkdae ontdek word nadat die oortreding plaas gevind het nie;
2. wat voortspruit uit verliese of tekorte weens ʼn fout of weglating;
3. voortspruitend uit die gebruik van sleutels wat toegang bied tot enige brandkas of brandkluis tensy die sleutels:
3.1 deur geweld of dreigemente van geweld teenoor enige persoon bekom is;
3.2 deur die sleuteldraer, of ʼn ander persoon in samewerking met die sleuteldraer, die sleutels gebruik het om die brandkas of brandkluis oop te sluit en die Versekerde tot die tevredenheid van die Maatskappy hiervan bewys kan lewer;
4. in ʼn oop brandkas of brandkluis terwyl, die deel van die perseel waarin, sodanige kluis of brandkamer gehou word, onbewaak is, maar hierdie Uitsondering is nie van toepassing nie, as daar tot die tevredenheid van die Maatskappy bewys kan word, dat die sleuteldraer doelbewus die brandkas of brandkluis oopgelos het, om toe te laat dat die geld gesteel word;
5. nie in ʼn geslote brandkas of brandkluis gestoor is nie terwyl, die deel van die perseel waarin, sodanige geld gestoor is, onbewaak is, maar hierdie Uitsondering is nie van toepassing nie, as daar tot die tevredenheid van die Maatskappy bewys kan word, dat die persoon/persone verantwoordelik vir die geld, dit doelbewus buite die brandkas of brandkluis gelos het, om toe te laat dat dit gesteel word;
6. in enige voertuig wat deur die Versekerde gebruik word, tensy die prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde inderdaad in sodanige voertuig is, of indien nie in sodanige voertuig nie, binne 5m (vyf meter) daarvan, in ʼn posisie vanwaar die voertuig duidelik sigbaar is. Hierdie Uitsondering is nie van toepassing nie, na ʼn ongeluk waarby sodanige voertuig betrokke is, die vermelde persoon onbevoeg gelaat het nie.
7. veroorsaak deur foutiewe Elektroniese Fondsoordragte deur of na die Versekerde;
8. veroorsaak deur kubermisdaad;
9. in die vorm Kripto-geldeenheid (of cryptocurrency in Engels) wat bekend staan as digitale geldeenhede (of digital currency). Dit is 'n geldeenheid wat gereguleer word deur enkripsietegnieke (of kriptografie) om die veiligheid van betalings te verseker en om die skepping van eenhede te beheer. Sulke geldeenhede bestaan gewoontlik onafhanklik van gesentraliseerde bankstelsels.
Spesifieke Uitsonderings 3, 4, 5 en 6 sal tot en met R3 000 (drie duisend rand) ingesluit wees en sodanige verliese sal nie verminder word deur enige eerste bedrae betaalbaar nie.
Geld
Bladsy | 82 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022