Page 85 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 85
Geld
MEMORANDUM (van toepassing op Onderafdeling A)
1. Verlies van of skade aan geld voortspruitend uit die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of persoon in diens van die Versekerde, soos verseker ingevolge hierdie Afdeling, is onderhewig aan ʼn verpligte eerste bedrag betaalbaar van R5 000 (vyf duisend rand).
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
2. Die Maatskappy is nie ingevolge hierdie Afdeling aanspreeklik ten opsigte van verlies of skade voortspruitend uit enige gebeurtenis ten opsigte waarvan, 'n eis betaalbaar is of betaalbaar sou gewees het nie, as dit nie was vir die eerste bedrag betaalbaar of medeversekeringsklousule ingevolge die Getrouheidsafdeling of enige ander getrouheidsversekering nie.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (van toepassing op Onderafdeling A – indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in 1. hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Verlies van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerapparate
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie, word Algemene Voorwaarde 16 hiermee as volg aangepas:
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van die koste vir die vervanging van slotte, sleutels, sentrale sluitstelsels en afstandbeheerapparate, insluitende die afstandbeheer van die diefalarmstelsel en, indien nodig, die herprogrammering van enige gekodeerde alarmstelsel van enige versekerde gebou, na die verdwyning van enige sleutel of afstandbeheer van ʼn diefalarmstelsel van sodanige gebou of indien die Versekerde rede het om te glo, dat enige ongemagtigde persoon in besit mag wees, van so 'n duplikaatsleutel of afstandbeheerapparaat;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie meer wees as die gegewe bedrag vermeld in die Skedule nie; en
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die betaling van die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 83