Page 87 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 87
Glas
OMSKREWE GEBEURTENISSE
GLAS
Verlies van of skade aan interne en eksterne glas (insluitend vaste spieëls), letterverfwerk en behandeling daarop by die versekerde perseel soos in die Skedule vermeld, die eiendom van die Versekerde of waarvoor hul regtens verantwoordelik is.
Na aanleiding van verlies van, of skade aan glas (insluitend vaste spieëls), letterverfwerk en behandelings, sal die Maatskappy die Versekerde ook skadeloosstel ten opsigte van:
die koste van sodanige skuttings tot op R5 000 (vyf duisend rand) vir elke gebeurtenis
skuttings
skade aan winkelvensters en wat daarmee gepaard gaan
Skade aan winkelvensters, rame, vensteruitstallings (insluitend los en vaste toebehore), diefalarmstroke, drade en vibrators, as ʼn regstreekse gevolg van sodanige verlies, of wat nie R5 000 (vyf duisend rand) vir elke gebeurtenis oorskry nie
verwydering en herinstallering
die koste vir die verwydering en herinstallering van los en vaste toebehore benodig vir die vervanging van die glas wat nie R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis oorskry nie
wagdiens
die koste vir die aanstel van ʼn wagdiens voor die vervanging van glas of skutting of die herstel van die diefalarmstelsel, tensy dit ingevolge enige ander versekering wat deur die Versekerde gereël is, betaalbaar is en nie die bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis oorskry nie
OMSKRYWING VAN GLAS
Tensy spesifiek ooreengekom, word aanvaar dat alle glas (behalwe spieëls) wat onder hierdie Afdeling verseker is, gewone glas of dryfglas is wat nie dikker as 6 mm (ses millimeter) is nie, hetsy bedek deur 'n laag film of nie, of gelamineerde veiligheidsglas van nie meer as 8 mm (agt millimeter) is nie.
Interne glas:
1. alle interne glas, opwasbakke, wasbakke, sanitêre ware en spieëls (uitgesluit handspieëls) terwyl in die perseel;
2. vertoonkasrame, vertoonkaste/-kabinette en toonbankglas terwyl in die perseel.
Eksterne glas:
1. vaste eksterne glas wat deel van die perseel is en enige splintervaste of weerkaatsende filmlaag waarmee die glas bedek is;
2. keramiek-geteëlde vertoonvensters.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies of skade wat verseker is deur, of verseker sou wees, was dit nie vir die bestaan van hierdie Afdeling nie, ingevolge enige brandversekering, behalwe in die geval van enige oorskryding bo die bedrag wat kragtens, sodanige brandversekering betaalbaar sou gewees het, as die versekering onder hierdie Afdeling nie van krag was nie, maar hierdie Spesifieke Uitsondering is nie van toepassing op verlies of skade waarvoor die Versekerde regtens verantwoordelik is as huurder en nie as eienaar nie;
2. glas wat deel van handelsvoorraad is;
3. glas wat, by die aanvang van hierdie versekering, gekraak of gebreek is, tensy die insluiting daarvan met die Maatskappy ooreengekom is;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 85