Page 86 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 86
SPESIALE VOORWAARDES (van toepassing op Onderafdeling A) 1. Geld in transito
Tensy anders in die Skedule vermeld, sal die Maatskappy die Versekerde vergoed vir verlies van, of skade aan geld soos omskryf terwyl dit in transito is:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die transito-roete ʼn direkte en ononderbroke rit na en van die bank is;
2. die geld nie in ʼn onbewaakte voertuig gelaat word nie;
3. geld tot en met, en insluitend R20 000 (twintig duisend rand) wat deur ten minste een permanente werknemer van die Versekerde gedra en beheer word;
4. geld meer as R20 001 (twintig duisend en een rand) maar minder as R50 000 (vyftig duisend rand) wat deur ten minste twee permanente werknemers van die Versekerde beheer word en dat die geld gelyk tussen hulle verdeel word;
5. geld meer as R50 000 (vyftig duisend rand):
5.1 deur ʼn goedgekeurde en professionele geldhanteerder gedra word;
5.2 deur ʼn voertuig vervoer word wat spesifiek omskep is met die doel om kontant te vervoer;
5.3 in ʼn voertuig vervoer word wat toegerus is met gewapende wagte en aan ʼn beheerkamer gekoppel is; en
5.4 Bepalings 1, 2, 3 en 4 sal nie op Bepaling 5 van toepassing wees nie.
Die Versekerde verantwoordelik is vir die betaling van die eerste bedrag betaalbaar van 15% (vyftien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Geld
Bladsy | 84 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022