Page 88 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 88

 4. ontsiering of skade buiten ʼn bars dwarsdeur die hele dikte van die glas of enige laminering daarvan.
5. glas wat beskadig is as gevolg van verbouings of aanbouings by die versekerde perseel.
OPSIONELE UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Spesiale vervanging
Indien die Versekerde na verlies of skade wat hierkragtens verseker is, ingevolge die Nasionale Bouregulasies of soortgelyke wetgewing verplig word, om die beskadigde glas te vervang met glas van ʼn beter gehalte, is die Maatskappy verantwoordelik vir die verhoogde koste van, sodanige vervanging insluitende (maar nie daartoe beperk nie) rame daarvoor;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die koste om die hele versekerde eiendom (insluitende ander versekerde items) so te vervang groter is as die bedrag waarteen dit, ten tye van die verlies of skade verseker is, die Versekerde sy eie versekeraar vir die verskil geag word en dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies of skade dra.
Glas
  Bladsy | 86 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022















































































   86   87   88   89   90