Page 90 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 90
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
Omskrewe Gebeurtenis 3 – Verlies
wesenlike verlies van geld of monetêre fondse of verhandelbare instrumente of tasbare eiendom wat aan die Versekerde behoort of waarvoor die Versekerde regtens verantwoordelik is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
verlies nie ʼn verlies insluit wat voortspruit uit die vermyding, verbreking, kansellasie, of ʼn ander wyse waarop ʼn kontrak beëindig kan word nie, die niebetaling of ander nienakoming deur ʼn debiteur, die nadelige gevolg van ʼn besigheids- of handelsrisiko of onderneming, of ander spekulatiewe onderneming, of die voorsiening of ontvangs van enige borgstelling, of ander vorm van sekuriteit
Diefstal
Rekenaarbedrog
die onwettige skep van ʼn wanvoorstelling, met die doel om te bedrieg, deur middel van toegang tot, of gebruik van, of openbaarmaking, verwerking, uitwissing, invoeging, verandering, onderskepping of manipulasie van die inligting, data, sagteware of stelsels van die Versekerde of van enige bank wat geld of eiendom van die Versekerde hou
of beheer, of op ʼn ander wyse daarmee handel en waarvoor die Versekerde regtens verantwoordelik is, elektronies met behulp van ʼn rekenaar inisieer, implementeer en voltooi
oneerlike aanwending of toe-eiening van geld, monetêre fondse of eiendom met die doel om te steel
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
1. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1.1 verlies voortspruitend uit of waartoe bygedra deur enige Omskrewe Gebeurtenis deur:
1.1.1 enige vennoot van die Versekerde tot die mate waartoe, sodanige vennoot baat sou vind by die skadeloosstelling wat ingevolge hierdie Afdeling verleen word;
1.1.2 enige prinsipaal, direkteur of lid van die Versekerde tensy, sodanige prinsipaal, direkteur of lid ook 'n werknemer is;
1.1.3 enige werknemer vanaf die tyd dat die Versekerde bewus word dat, sodanige werknemer enige daad van bedrog of oneerlikheid gepleeg het;
1.2 enige gevolglike verliese van enige aard wat plaasvind na verliese waarna, in die Omskrewe Gebeurtenisse verwys word.
2. Hierdie Afdeling sluit nie enige maatskappy of ander regsentiteit wat gedurende die versekeringstydperk verkry word, in nie.
3. Die Maatskappy is slegs aanspreeklik tot die mate van die deelname/aandeelhouding van enige onbetrokke vennote/prinsipale/direkteure of lid vir ʼn versekerde gebeurtenis waarby, enige vennoot/prinsipaal/direkteur/lid van die Versekerde regstreeks betrokke is of was.
Hierdie Spesifieke Uitsondering is slegs van toepassing op:
3.1 vennootskappe;
3.2 private maatskappye;
3.3 beslote korporasies; of
3.4 trusts.
SPESIFIEKE VOORWAARDES
1. Die Versekerde moet al, sodanige kontrole- en beheerstelsels, rekening- en klerklike prosedures en metodes vir die bedryf van die besigheid instel en/of in stand hou en voortgaan om dit toe te pas soos, wat deur hom aan die Maatskappy voorgehou word, maar die Versekerde mag:
1.1 1.2
die vergoeding en diensvoorwaardes van enige werknemer verander;
enige werknemer wat by sy/haar naam in die Skedule beskryf word, se pligte en pos verander;
Bladsy | 88
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022