Page 91 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 91
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
1.3 enige werknemer wat slegs by sy/haar pos in die Skedule beskryf word, verwyder en enige ander persoon wat binne die woordomskrywing van werknemer val, in sy/haar plek aanstel;
1.4 sodanige ander veranderings maak, as wat vooraf skriftelik deur die Versekerde se ouditeure goedgekeur word.
2. Indien die Versekerde enige verlies ly waarop hierdie Afdeling van toepassing is wat die bedrag hierkragtens betaalbaar oorskry, is die Versekerde geregtig op alle verhalings (behalwe uit borgstelling, versekering, herversekering, sekuriteit of skadeloosstelling geneem of aangegaan deur die Maatskappy, of vir die bedrag van enige eerste bedrag betaalbaar) deur wie ook al gemaak as gevolg van, sodanige verlies, totdat dit ten volle vergoed is, minus die werklike koste om dit aan te gaan. Enige oorblywende deel word aangewend tot vergoeding van die Maatskappy en die Versekerde tot die mate van sy/haar medeversekering ingevolge die Verpligte eerste bedrag betaalbaar-klousule en/of Skedule.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Ander versekerings
Dit is 'n voorwaarde van hierdie Afdeling dat behalwe:
1. ʼn geldpolis;
2. dit wat by die aanvangs- of hernuwingsdatum of ten tye van die instel van 'n eis verklaar is;
3. 'n getrouheidspensioenfondspolis wat nie die waarde in hierdie Afdeling oorskry nie;
4. hierdie Polis;
daar geen ander versekering gedurende die geldigheidsduur van hierdie Afdeling van krag is om te verseker teen die risiko’s wat hierkragtens verseker word nie.
Rekenmeesters
Enige besonderhede of gegewens wat in die Versekerde se rekeningkundige rekords of ander bedryfsboeke of -dokumente vervat word, wat deur die Maatskappy ingevolge hierdie Afdeling benodig mag word, om enige eis hierkragtens te ondersoek of te staaf, mag deur die Versekerde se ouditeure of professionele rekenmeesters gelewer en gesertifiseer word en hul sertifikaat is prima facie bewys van die gegewens en besonderhede waarop, sodanige sertifikaat betrekking het.
Uitgebreide dekking vir voormalige werknemers
Enige persoon wat nie meer 'n werknemer is nie word, vir die doeleindes van hierdie Afdeling, beskou as synde 'n werknemer te wees vir 'n tydperk van 30 (dertig) dae nadat, hy opgehou het om ʼn werknemer te wees.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Afpersing
Die Omskrewe Gebeurtenisse sal verlies weens die neem van geld en/of ander eiendom van die Versekerde deur, afpersing van die Versekerde, of enige direkteur, lid, vennoot, trustee of werknemer van die Versekerde of enige familielid of enige sodanige persoon, insluit. Sodanige persoon word, doelbewus en onwettig onderwerp aan dreigemente van liggaamlike leed wat, daartoe sal lei dat hy/sy sal toelaat dat die geld en/of eiendom geneem kan word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die persoon wat gedreig word, elke redelike poging aangewend het om die dreigement by die eerste moontlike geleentheid by ʼn kollega en die wetstoepassingsowerheid aan te meld;
MET VERDERE DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding nie die Versekerde op skadeloosstelling geregtig maak, ten opsigte van enige verlies wat verseker is of wat verseker sou gewees het nie, ten opsigte van Diefstal, Geld, Motor- of Mariene-/Transito-versekeringspolis, of enige ander meer spesifieke versekering, wat geld of goedere insluit nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 89