Page 93 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 93
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die maksimum bedrag wat deur die Maatskappy betaalbaar is, vir alle versekerde werknemers hoogstens, dubbel die versekerde bedrag in die Skedule beloop;
2. die Versekerde ʼn bykomende premie betaal op die bedrag van die versekerde verlies, bereken volgens die volgende formule:
Jaarlikse premie van krag ten tye van ontdekking van verlies
X
Bedrag van eiseskikking
Versekerde bedrag ten tye van die ontdekking van verlies
Die bykomende premie is ten volle betaalbaar en mag nie verminder word omdat die tydperk tussen die datum van ontdekking van die verlies en die verstrykingsdatum korter as 12 (twaalf) maande is nie.
Vervangde versekering
Hierdie Afdeling is ook van toepassing op Omskrewe Gebeurtenisse wat hierkragtens verseker is wat, plaasgevind het, gedurende die geldigheidsduur van enige versekering wat deur hierdie Afdeling vervang word en in die Skedule gespesifiseer word
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. hierdie Uitbreiding beperk word tot verliese wat deur die vervangde versekering betaalbaar sou wees, maar wat nie opeisbaar is nie, weens die verstryking van die tydperk wat deur die vervangde versekering toegelaat word, vir die ontdekking van die Omskrewe Gebeurtenisse;
2. die Omskrewe Gebeurtenisse ontdek word, binne 12 (twaalf) maande na die beëindiging van die diens van die betrokke werknemer of binne 12 (twaalf) maande na die verstryking van hierdie Afdeling;
3. die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie Uitbreiding hoogstens die bedrag beloop, wat kragtens hierdie Afdeling verseker is, of die bedrag kragtens die vervangde versekering verseker, wat ook al die minste is;
4. indien die Omskrewe Gebeurtenisse waarby, een werknemer of enige getal werknemers betrokke is, gedurende die geldigheidsduur van hierdie Afdeling, sowel as die geldigheidsduur van die vervangde polis plaasvind, die maksimum bedrag betaalbaar hoogstens die bedrag verseker deur hierdie Afdeling, ten tye van ontdekking van die Omskrewe Gebeurtenisse, beloop;
5. hierdie Uitbreiding nie van toepassing is, op Omskrewe Gebeurtenisse, wat langer as die getal jare in die Skedule vermeld, voor die aanvang van hierdie Afdeling, plaasgevind het nie;
6. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir enige verlies, wat langer as 24 (vier en twintig) maande voor ontdekking plaasgevind het nie.
Vrywillige eerste bedrag betaalbaar
Benewens die verpligte eerste bedrag betaalbaar, soos in hierdie Afdeling van die Polis gestipuleer, is die Versekerde verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar, soos vermeld in die Skedule.
MEMORANDUM
1. In die geval van die ontdekking van enige verlies wat uit 'n Omskrewe Gebeurtenis voortspruit, mag die Versekerde, nieteenstaande enigiets tot die teendeel in Algemene Voorwaarde 8.2 vervat, nalaat om die aangeleentheid by die Polisie aan te meld, maar sal dit onmiddellik doen indien die Maatskappy dit vereis.
2. Verswyging van sy/haar eie bedrog of oneerlikheid of dié van ander persone met wie hy/sy saamspan, deur enige persoon wat enige aansoekvorm onderteken of hernuwings- of enige ander instruksies gee, benadeel geen eis ingevolge hierdie Afdeling nie.
3. Algemene Uitsonderings 1 en 2 en Algemene Voorwaarde 11, geld nie vir hierdie Afdeling nie.
4. Indien die versekerde bedrag, te eniger tyd verhoog word, is sodanige verhoogde bedrag slegs van toepassing op Omskrewe Gebeurtenisse, wat na die datum van sodanige verhoging gepleeg word.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 91