Page 95 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 95
Goedere in transito
GOEDERE IN TRANSITO
OMSKREWE GEBEURTENISSE 1 – EIENDOM UITGESLUIT LEWENDE HAWE, STAMBOEKDIERE, WILD EN VOLSTRUISE
Verlies van of skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die eiendom in die Skedule beskryf, insluitende seile en verpakkingsmateriaal nie andersins verseker nie, wat deur die Versekerde besit word, of waarvoor hul regtens verantwoordelik is, terwyl in die loop van transito in, of op enige vervoermiddel veroorsaak deur, enige ongeluk of teenspoed (uitsluitend kaping van die vragdraende voertuig) nie andersins uitgesluit nie;
OMSKREWE GEBEURTENISSE 2 – EIENDOM – LEWENDE HAWE STAMBOEKDIERE, WILD EN VOLSTRUISE (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel tot en met die skadeloosstellingsperk, soos vermeld in die Skedule ten opsigte van verlies of skade wat voortspruit, uit die vrekte van sodanige stamboekdiere, alle lewende hawe, wild en volstruise wat die eiendom van die versekerde is en regstreeks veroorsaak is deur brand, weerlig, vloed, botsing en omslaan van die voertuig, insluitend die op- en aflaai van die vrag en diefstal voortspruitend uit die voorgenoemde gebeure terwyl dit in transito in, of op, enige vervoermiddel is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Eerste bedrag betaalbaar
die Versekerde verantwoordelik is, vir die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule ten opsigte van ieder en elke Omskrewe Gebeurtenis, behalwe vir ʼn eis voortspruitend uit brand, weerlig of ontploffing;
2. Aanspreeklikheidsperk
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle verlies of skade wat uit enige een Omskrewe Gebeurtenis voortspruit, nie die gegewe skadeloosstellingsperk soos, vermeld in die Skedule, sal oorkry nie;
3. Koste van opruiming en puinverwydering
die versekering ingevolge hierdie Afdeling, sluit in die koste wat noodsaaklikerwys, deur die Versekerde aangegaan is, ten opsigte van die opruiming en verwydering van puin, na skade aan die vervoermiddel of die eiendom daarop, onderworpe aan 'n maksimum bedrag van R10 000 (tien duisend rand), ten opsigte van enige een Omskrewe Gebeurtenis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees;
4. Vervoer
die Maatskappy nie aanspreeklik is, vir verlies of skade, indien sodanige verlies of skade plaasvind, terwyl die eiendom in die sorg of beheer van enige vervoermaatskappy is nie, tensy toepaslik gelisensieerd of geregistreer om die diens te voorsien na aanleiding van die wette en regulasies van die land en/of plaaslike owerheid.
MEMORANDUM 1 Tydperk van transito
Transito word geag 'n aanvang te neem wanneer daar begin word om die eiendom, soos vermeld in die Skedule, te verskuif van die afsender se perseel, met die laai van enige vervoermiddel (insluitend die dra en oplaai van goedere na enige vervoermiddel), voort te gaan met die vervoer na die ontvanger (insluitend tydelike berging wat nie 96 [ses en negentig] ure tydens die verloop van die reis oorskry nie) en te eindig met die aflaai en aflewering by enige gebou of stoorplek by die ontvanger se perseel.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dekking kragtens hierdie Afdeling staak sodra sodanige goedere:
1. die boot se reëlings oorgaan (Vry aan Boord); of
2. die vliegtuig se laaisone na die pakruimte binnegaan (Vry aan Boord).
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Bladsy | 93