Page 97 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 97

 Goedere in transito
 SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies of skade voortspruitend uit of veroorsaak deur:
1.1 diefstal uit enige onbewaakte voertuig in die bewaring of onder die beheer van die Versekerde of enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde, tensy die eiendom geberg word in ʼn voertuig wat behoorlik beveilig en gesluit is of die voertuig self in ʼn beveiligde en geslote gebou gehuisves word en betreding of verlating van sodanige voertuig of gebou met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating gepaard gaan;
1.2 diefstal van goedere uit enige tydelike stoorfasiliteit (gestoor tydens die transito-tydperk) tensy dit gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige stoorfasiliteit of enige poging daartoe of as gevolg van diefstal of enige poging daartoe na geweld of dreigement van geweld;
1.3 onafskeidelike en verborge euwels, ongediertes, insekte, vogtigheid, muf of roes;
1.4 die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer in diens van die Versekerde hetsy hy/sy alleen optree of saamspan met ander;
1.5 terwyl in transito per see of binnelandse transito gepaardgaande daarmee;
1.6 onklaarraking van verkoelingstoerusting;
1.7 aanhouding, konfiskering of rekwisisie deur doeane of ander beamptes of owerhede;
1.8 verlies of skade toeskryfbaar aan of as gevolg van, oorlading van die vragdraende voertuig;
1.9 beslaglegging van die vragdraende voertuig en die versekerde eiendom, soos vermeld in die Skedule op onwettige en kragdadige wyse;
1.10 verlies of skade as gevolg van swak verpakking;
1.11 aardbewing, vulkaniese uitbarstings of ander natuurskuddings;
1.12 brekasie van artikels van 'n brose aard, tensy sodanige brekasie deur inbrekers, diewe of brand veroorsaak word;
deur lekkasie van enige vloeistof uit die houer waarin dit is, tensy veroorsaak deur die gevare waarteen
2. verlies
verseker word in hierdie Afdeling, verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang (insluitend die geleidelike inwerking van lig, klimaat en ander atmosferiese toestande), tensy dit volg na ʼn ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit is nie;
3. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, masjienweiering, brekasie of steuring van die versekerde eiendom, tensy dit volg na ʼn ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit is nie;
4. verlies van of skade aan:
4.1 kontant, bank- en valuta-note, muntstukke, kredietkaartkoeponne, ooreenkomste, koepons, seëls, items van 'n verhandelbare aard, titelaktes, manuskripte of effekte van enige aard;
4.2 eiendom buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek;
4.3 eiendom andersins verseker of wat, was dit nie vir die bestaan van hierdie Afdeling nie, verseker sou wees deur enige ander versekering, behalwe in die geval van enige oorskryding bo die bedrag wat kragtens sodanige versekering betaalbaar sou wees, as die versekering onder hierdie Afdeling nie van krag was nie;
5. lewende hawe, stamboekdiere en wild (tensy ingesluit kragtens Omskrewe Gebeurtenisse 2), gevolglike verlies van enige aard, vertraging, verlies van mark, waardevermindering of veranderinge meegebring deur enige natuurlike oorsake;
6. aanspreeklikheid teenoor derde partye.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS (van toepassing op Omskrewe Gebeurtenisse 2)
1. vertrapping of versmoring wat vrekte of vernietiging van lewende hawe, stamboekdiere, wild en/of volstruise tot gevolg het terwyl in transito, in of op enige vervoermiddel;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 95






































































   95   96   97   98   99