Page 98 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 98
2. opsetlike slag of vernietiging van stamboekdiere, lewende hawe, wild en volstruise, hetsy deur of ten uitvoer van ʼn bevel van enige staats- of openbare of plaaslike owerheid of persoon of liggaam wat regsbevoegdheid oor sulke aangeleenthede of andersins het;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie hierdie betrokke uitsondering as ʼn verweer sal opper nie indien:
1. die Maatskappy uitdruklik tot die vernietiging van die stamboekdiere, lewende hawe, wild of volstruise ingestem het; of
2. ʼn versekerde stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise wat ʼn besering opgedoen het of, slegs in die geval van stamboekdiere, in ʼn buitengewoon pynlike siektetoestand verkeer en ʼn gekwalifiseerde veearts wat deur die Maatskappy aangestel is, sertifiseer dat dit ongeneesbaar en so ondraaglik is, dat slagting onvermydelik is en dat die stamboekdier om menslikheidsredes onmiddellik geslag moet word; of
3. ʼn versekerde stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise ʼn besering opgedoen het of, slegs in die geval van stamboekdiere, in ʼn buitengewoon pynlike siektetoestand verkeer en ʼn gekwalifiseerde veearts wat deur die Versekerde aangestel is, eers ʼn sertifikaat uitgereik het, dat die lyding van sodanige stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise ongeneesbaar en so ondraaglik is, dat slagting onvermydelik is en dat die dier(e), onmiddellik geslag moet word, sonder dat daar vir die aanstelling van ʼn veearts deur die Maatskappy gewag kan word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in alle sodanige gevalle van 1, 2 of 3 hierbo, die Maatskappy die geleentheid gebied sal word, om na sy keuse ʼn nadoodse ondersoek deur sy veearts te laat uitvoer.
3. Dood regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of as gevolg van:
3.1 enige snykundige operasie, tensy deur ʼn gekwalifiseerde veearts uitgevoer, wat deur hom/haar gesertifiseer noodsaaklik te wees, alleenlik weens ʼn ongeluk, siekte of kwaal en uitgevoer moes word, in ʼn poging om die stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruis se lewe te red;
3.2 die toediening van enige medikasie, tensy deur ʼn gekwalifiseerde veearts toegedien (of ervare personeel onder sy/haar leiding) en deur ʼn veearts gesertifiseer van voorbehoedende aard te wees of genoodsaak word deur, ʼn ongeluk, siekte of kwaal. Soos hier gebruik word, beteken “medikasie” enige geneesmiddel, hormoon, vitamien, proteïen of ander middel buiten skoon kos of water.
1. OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Brandbluskoste
Algemene Voorwaarde 11 word geskrap en vervang deur:
Die dekking wat ingevolge hierdie Afdeling verleen word, word uitgebrei om kostes en uitgawes in te sluit, wat deur die Versekerde aangegaan is, om die brand van enige versekerde voertuig te blus na skade aan sodanige voertuig ingevolge ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. behalwe die skadeloosstellingsperk kragtens hierdie Afdeling, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ingevolge hierdie Uitbreiding nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry ten opsigte van enige een gebeurtenis nie;
2. die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) van die eis of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
Kaping van die voertuig
Beslaglegging van die versekerde eiendom vervat, in of op die voertuig, waar sodanige beslaglegging gepaard gaan met, onwettige en kragdadige verwydering van die voertuig na ʼn ander bestemming, as wat oorspronklik bedoel was, of uitgevoer deur gebruik te maak van geweld of dreigement van geweld, teenoor die persoon of persone wat ten tye van die beslaglegging, wettiglik in beheer van, sodanige voertuig met die versekerde eiendom was;
Goedere in transito
Bladsy | 96 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022