Page 100 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 100

 SPESIFIEKE VOORWAARDES (Van toepassing op Omskrewe Gebeurtenisse 2)
Kennisgewing van eis
Nieteenstaande enigiets tot die teendeel in Algemene Voorwaarde 8 bevat:
1. sal die Versekerde die Maatskappy onmiddellik in kennis stel van enige siekte van, of ongeluk, aan enige stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise in die Skedule beskryf en sal hy/sy op eie koste onmiddellike, genoegsame sorg en behandeling deur ʼn veearts bekom en, wanneer vereis, ʼn verslag van die diensdoende veearts, oor die toestand van die stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise verskaf. Die Versekerde sal, ten alle tye alle nodige en redelike sorg beoefen en voorsorg tref teen verlies of gevaar van verlies en sal voldoen aan alle redelike regulasies en voorskrifte deur die Maatskappy, of deur ʼn veearts verskaf in diens van die Maatskappy;
2. sal die Versekerde by die dood van enige stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise in die Skedule beskryf die Maatskappy onmiddellik daarvan, in kennis stel en die Maatskappy die geleentheid bied om die karkas te ondersoek deur, nie self aan die karkas te sny of daarmee weg te doen voor die verstryking van ʼn minimum tydperk van 24 (vier en twintig) uur nadat sodanige kennis deur die Maatskappy ontvang is nie. Die Versekerde sal, op sy/haar eie koste, binne 14 (veertien) dae nadat die Maatskappy so versoek het, sodanige inligting gepaardgaande met sodanige veearts sertifikate en bevredigende bewys van dood, identiteit en waarde van die stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise, aan die Maatskappy voorlê. Die onus om te bewys dat die versekerde stamboekdier, lewende hawe, wild of volstruise nie dood is aan ʼn oorsaak wat kragtens hierdie Afdeling uitgesluit is nie, sal by die Versekerde berus. Indien die eis toegestaan word, sal die Versekerde op die voordeligste manier, van die karkas wegdoen en sal die bedrag wat dit oplewer aan die Maatskappy behoort.
Goedere in transito
  Bladsy | 98 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022




























































































   98   99   100   101   102