Page 102 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 102

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
indien die verlies van, of skade, erken word in terme van 2.2 hierbo vermeld, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn bykomende eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies van of skade aan eiendom voortspruitend uit of veroorsaak deur:
1.1 diefstal uit enige onbewaakte voertuig tensy;
1.1.1 die eiendom gehuisves word in ʼn voertuig wat behoorlik beveilig en gesluit is; of
1.1.2 die voertuig self in ʼn beveiligde en geslote gebou gehuisves word; en
1.1.3 toegang tot of verlating van sodanig geslote voertuig gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating;
1.2 die proses van skoonmaak, herstel, kleur, bleik, verandering of restourasie wat die eiendom ondergaan;
1.3 onafskeidelike en verborge euwels, ongediertes, insekte, vogtigheid, muf of roes;
1.4 die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde, hetsy hy/sy alleen optree of met ander saamspan;
1.5 aanhouding, konfiskering of rekwisisie deur Doeane of ander beamptes of owerhede;
1.6 brekasie van artikels van 'n brose aard, tensy sodanige brekasie deur inbrekers, diewe of brand veroorsaak word;
1.7 lekkasie van enige vloeistof uit die houer waarin dit is;
1.8 diefstal, of enige poging daartoe, of skade, van enige terrein waar ʼn kontrak uitgevoer word na normale besigheidsure tensy;
die versekerde eiendom gehuisves word in ʼn beveiligde en geslote gebou en die verlies gepaard gaan met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die gebou wat die versekerde eiendom bevat;
1.9 diefstal of verdwyning wat nie met ʼn spesifieke voorval verbind kan word nie.
2. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang (insluitend die geleidelike invloed van lig, klimaat of ander atmosferiese toestande), tensy dit volg na ʼn ongeluk of teenspoed andersins nie uitgesluit nie;
3. verlies of skade waarvoor voorsiening gemaak is in enige waarborg of dienskontrak, of in enige koopkontrak, huurkontrak, huurkoop of finansieringsooreenkoms of enige ander ooreenkoms van welke aard ook al betreffende die versekerde eiendom;
4. verlies van of skade aan besproeiingspype, elektriese motors en ander pomptoerusting wat onder die normale vloedlyn van riviere en spruite geleë is;
5. verlies van of skade aan wyn en verwante produkte;
6. verlies van of skade aan hommeltuie terwyl sodanige tuie in vlug is;
7. meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, weiering, brekasie of steuring, tensy dit veroorsaak is deur ʼn ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit is nie;
8. verlies van of skade aan kontant, bank en valutanote, muntstukke, ooreenkomste, koepons, seëls, items van 'n verhandelbare aard, titelaktes, manuskripte of effekte van enige aard;
9. verlies van of skade aan goedere wat kragtens ʼn vragbrief versend word.
SPESIFIEKE VOORWAARDES Eweredigheid
As die versekerde eiendom met die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur enige Versekerde gevaar verseker, gesamentlik van meer waarde is as die skadeloosstellingsperk daarop, sal die Versekerde as hul eie versekeraar geag word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra. Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig wees aan hierdie Voorwaarde.
Sake Alle Risiko
  Bladsy | 100 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022





































































   100   101   102   103   104