Page 103 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 103

 Sake Alle Risiko
 Gesertifiseerde vloeibare stikstofinseminasieflesse
Indien ʼn gesertifiseerde vloeibare stikstofinseminasiefles en die inhoud onder hierdie Afdeling verseker is, sal die Maatskappy aanspreeklik wees vir verlies van, of skade aan die fles en inhoud wat voortspruit uit die onklaarraking van die fles deur die vakuum wat verlore gaan;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir enige geleidelike agteruitgang wat die werking van lig, atmosferiese of klimaatstoestande insluit nie;
2. die Versekerde die instruksies van die vervaardiger streng nakom.
Skade aan wyntenks in die ope
Skade aan wyntenks in die ope word ingesluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. alle krane van die wyntenks met ʼn sluitbare omhulsel toegerus is wat ten alle tye gesluit moet wees wanneer nie in gebruik nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis.
Vervangingswaarde (uitsluitend wyntenks, wynvate en wynhouers)
Die grondslag waarop die bedrae betaalbaar bereken sal word, is:
1. die vervanging van die eiendom, uitgesluit wyntenks, -vate en/of -houers – wat verlore, vernietig of beskadig is met eiendom van dieselfde aard of soort, maar nie beter of meer omvangryk as die versekerde eiendom toe dit nuut was nie; of
2. die herstel van die eiendom tot ʼn toestand naastenby dieselfde as, maar nie beter as die toestand toe dit nuut was nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Indien, ten tye van die vervanging of herstel, die totale koste wat aangegaan sou word in die vervanging van die eiendom as dit in geheel verlore, vernietig of onherstelbaar beskadig is, die Versekerde bedrag van die item oorskry, met die aanvang van die verlies of skade, sal die Versekerde geag word as sy eie versekeraar vir die verskil en sal hy dienooreenkomstig ʼn eweredige deel van die verlies dra.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Eerste verlies eweredigheid (wyntenks, -vate en -houers)
Indien, op die tydstip wat enige verlies of skade ontstaan, die totale waarde van die eiendom wat deur elke item beskryf word, nie die bedrae oorskry wat in die Skedule vermeld word nie, is hierdie versekering nie aan eweredigheid onderworpe nie. Indien die totale waarde van sodanige eiendom egter meer is as die voormelde bedrae, word die Versekerde sy eie versekeraar vir die verskil geag en die Maatskappy is slegs aanspreeklik vir sodanige deel van die eerste verlies versekerde bedrag as die verhouding waarin die voormelde bedrae staan tot die totale waarde en dit beloop hoogstens die totale bedrag waarteen elke item verseker is.
Kontaminasie van melk
Nieteenstaande enigiets strydig vervat in hierdie Afdeling of Polis, stel die Maatskappy die Versekerde skadeloos vir enige direkte finansiële verlies gely deur die Versekerde weens:
1. die bederf, verslegting, kontaminasie, nie-aankoop of nie-lewering van onverwerkte melk deur ʼn kommersiële koper of kopers weens die teenwoordigheid van remstowwe in die melk wat die maksimum toelaatbare vlakke oorskry;
2. die verslegting of kontaminasie van onverwerkte melk in enige verkoelingseenheid of vrieskas wat die eiendom van die Versekerde is, veroorsaak deur:
2.1 toevallige, onvoorsiene en skielike fisiese skade aan enige van die verkoelingsmasjinerie;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 101










































































   101   102   103   104   105