Page 104 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 104

 2.2 die onderbreking in die water-, gas- of elektrisiteitstoevoer na die Versekerde se perseel, tensy sodanige onderbreking veroorsaak word deur, ʼn wetlike owerheid wat gemagtig is om water, gas of elektrisiteit te voorsien, se uitoefening van sy mag, om toevoer te weerhou of te beperk, tensy sodanige terughouding of beperking direk toe te skryf is aan skade aan die eiendom van sodanige owerheid.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Die grondslag van skadeloosstelling sal soos volg bepaal word:
1. ten opsigte van bogenoemde Versekerde Gebeurtenis 2.1
die kontrakprys per liter onverwerkte melk vermenigvuldig met die hoeveelheid liter melk wat bederf, nie verkoop of nie afgehaal is nie;
2. ten opsigte van bogenoemde Versekerde Gebeurtenis 2
die kontrakprys per liter onverwerkte melk vermenigvuldig met die hoeveelheid liter melk wat bederf het, minus die waarde van enige sodanige melk wat deur die Versekerde gebruik is vir enige ander doeleindes;
MET DIEN VERSTANDE VERDER DAT:
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies van, of skade aan melk voortspruitend uit, of veroorsaak deur:
1.1 die oneerlikheid van enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde;
1.2 onafskeidelik en verborge euwels, ongediertes, insekte, vogtigheid, muf of roes;
1.3 verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang (insluitend die geleidelike invloed van lig, klimaat of ander atmosferiese toestande), tensy dit volg na ʼn ongeluk of teenspoed andersins nie uitgesluit nie;
2. die gegewe eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die Skedule.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in 1. hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Sake Alle Risiko
  Bladsy | 102 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   102   103   104   105   106