Page 101 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 101
Sake Alle Risiko
OMSKREWE GEBEURTENISSE 1. Verlies van of skade aan:
SAKE ALLE RISIKO
1.1 die geheel of gedeelte van die eiendom soos beskryf in die Skedule terwyl dit op enige plek in die wêreld is, weens ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit is nie;
1.2 die eiendom van gaste en/of kliënte (uitgesluit vuurwapens van enige aard) terwyl hul besig is met aktiwiteite verwant aan besigtigingsritte, wynmaakprosesse, wynproe of enige aktiwiteite van ʼn soortgelyke aard, of akkommodasie van kommersiële jag en/of wildbesigtigingsaktiwiteite, veroorsaak deur enige ongeluk of teenspoed wat ontstaan uit enige toevallige gebeurtenis wat nie uitgesluit is in terme van enige uitsonderings wat op hierdie Polis in die algemeen van toepassing is nie en wat binne die gebiedsgrense ontstaan;
1.3 die eiendom van die Versekerde omskryf in terme van Omskrewe Gebeurtenis 1 van die Toevallige Skade – Wyn-afdeling van hierdie Polis waar redelike en noodsaaklike koste en uitgawes deur die Versekerde, met die toestemming van die Maatskappy, aangegaan is vir die doeleindes van vernietiging, wegdoen en/ of terugsending van wyn en verwante produkte (of enige gedeelte daarvan) vanaf enige plek in die wêreld na die Versekerde se persele na skade deur enige gevaar nie andersins spesifiek uitgesluit nie en van toepassing op Item 1 – Wyn en Verwante Produkte van Omskrewe Gebeurtenis 1 soos vervat in Spesiale Voorwaardes met verwysing na wyn en verwante produkte van die Toevallige Skade – Wyn-afdeling van die Polis;
1.4 Toevallige fisiese verlies van of skade aan metaal en/of veselglaswyntenks, en of houtvate en/of sementkuipe en/of tenkpoorte;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde verantwoordelik is vir die gegewe eerste bedrag betaalbaar vermeld in die Skedule vir ieder en elke gebeurtenis behalwe vir ʼn eis wat voortspruit uit brand, weerlig of ontploffing.
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid in terme van Verlies van of Skade aan (1.1), (1.2) en (1.4) hierbo vermeld, sal in geen omstandighede die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule per item vir ieder en elke item oorskry nie;
3. die waarde van eiendom met betrekking tot Verlies van of Skade aan (1.3) soos hierbo vermeld, sal beperk wees tot hoogstens ʼn bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir enige enkele item en beperk tot R25 000 (vyf en twintig duisend rand) in geheel ten opsigte van enige enkele gebeurtenis.
2. Verliese as gevolg van afstandbeheerde versperring
2.1 Indien die Versekerde deur videowaarneming of beeldmateriaal (of enige ander onweerlegbare bewys) kan demonstreer dat ʼn poging aangewend is om die voertuig met behulp van die voertuigafstandbeheer te sluit, maar dat die sluitmeganisme deur diewe deur middel van ʼn elektroniese toestel versper is, sal sodanige bewys geag word voldoende te wees om aan die vereistes van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating te voldoen vir enige verlies uit die kajuit of kattebak van die voertuig.
2.2 Waar die Versekerde volhou dat die voertuig gesluit was, maar daar geen bewys van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige voertuig is nie, dekking oorweeg mag word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die polisie-saaknommer aan die Maatskappy voorsien word;
2. dekking sal slegs van toepassing wees op eiendom wat afsonderlik en individueel in die Skedule gespesifiseer is;
3. na aftrekking van die gegewe eerste bedrag betaalbaar vermeld in die Skedule, die aanspreeklikheid van die Maatskappy verder beperk word tot die verminderde gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule of R25 000 (vyf en twintig duisend rand) wat ook al die minste is, ten opsigte van enige een gebeurtenis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 99