Page 99 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 99
Goedere in transito
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 25% (vyf en twintig persent) van die eis, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys
BEPERKTE DEKKING ten opsigte van Omskrewe Gebeurtenis 1 (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Brand, weerlig, ontploffing, botsing, ontsporing omslaan en gevolglike diefstal
Die versekering ingevolge hierdie Afdeling is beperk tot verlies of skade voortspruitend uit brand, weerlig, ontploffing, botsing, ontsporing en omslaan, en gevolglike diefstal na die gebeurtenis, van die vervoermiddel soos in die Skedule omskryf;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. botsing sal nie geag word as oneweredighede in die padoppervlak of ander oppervlaktes of as die vrag verskuif terwyl die voertuig in beweging is nie;
2. diefstal nie onderworpe is aan gewelddadige en kragdadige betreding en/of verlating nie.
UITGEBREIDE DEKKING TEN OPSIGTE VAN OMSKREWE GEBEURTENIS 2 (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Omskrewe Gebeurtenis 2 word uitgebrei om die volgende in te sluit:
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel, ten opsigte van verlies van, of skade wat voortspruit uit die vrekte van die versekerde eiendom in die Skedule beskryf, die eiendom van die Versekerde, terwyl dit in transito is of binne 14 (veertien) dae daarna, as gevolg van ʼn ongeluk, of slegs in die geval van stamboekdiere, weens siekte opgedoen tydens transito, in of op enige vervoermiddel te pad veroorsaak deur enige ongeluk of teenspoed wat andersins nie uitgesluit nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 97