Page 96 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 96

 MEMORANDUM 2
Omskrewe Gebeurtenis 1 sal met die volgende vervang word in die geval van ʼn Enkel-transito:
Verlies van of skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die eiendom in die Skedule beskryf, insluitende houers en/of bedekkings waarin vrag verpak word, wat nie andersins verseker is nie, wat deur die Versekerde besit word of waarvoor hul regtens verantwoordelik is, in die loop van transito, deur middel van enige vervoermiddel of op ander gepaardgaande wyse en veroorsaak deur enige ongeluk of teenspoed regstreeks veroorsaak deur brand, weerlig, vloed, botsing en omslaan van die voertuig, insluitend die op- en aflaai van die vrag en diefstal voortspruitend uit die voorgenoemde gebeure, terwyl dit in transito, in of op enige vervoermiddel is.
Ander vervoermiddele
Indien die vervoermiddel 'n gespesifiseerde voertuig is, is die versekering kragtens hierdie Afdeling van toepassing ten opsigte van, eiendom in enige voertuig wat tydelik in die plek daarvan gebruik word, terwyl 'n gespesifiseerde voertuig herstel of versien word en sodanige vervangende voertuig, nie die eiendom van die Versekerde is, of ingevolge 'n huurkontrak of huurkoopkontrak deur hom gehuur is nie.
Eiendom
Eiendom sal geag word, dit wat normaalweg verband hou met die Versekerde se besigheid insluitende toue/bande, seile en verpakkingsmateriaal, wat met vragvervoer gepaard gaan.
Grondslag van waardebepaling
Die bedrag geëis sal as volg bereken word:
1. ten opsigte van nuwe goedere:
die vervangingswaarde van die eiendom deur soortgelyke eiendom van gelykwaardige toestand, maar nie beter of meer omvangryk in toestand, toe dit nuut was nie.
2. ten opsigte van goedere wat nie nuut is nie:
2.1 die markwaarde van die goedere onmiddellik voor die versekerde gebeurtenis; of
2.2 die herstel van die eiendom tot ʼn toestand naastenby dieselfde as, maar nie beter as die toestand onmiddellik voor die versekerde gebeurtenis nie.
Lewende hawe, stamboekdiere, wild en volstruise
Wanneer die vervoer van enige lewende hawe, stamboekdiere, wild en/of volstruise ʼn aanvang neem, moet al sodanige lewende hawe, stamboekdiere, wild en/of volstruise in goeie toestand, perfekte gesondheid en beseringsvry wees.
Onklaarraking
In geval van onklaarraking van die vervoermiddel gedurende transito of die eiendom om enige rede buite die Versekerde se beheer, aan gevaar blootgestel word, verhoed niks hierin vervat, die gebruik van enige ander wyse van vervoer, ten einde die transito uit te voer nie en sal die versekering hierkragtens, nie daardeur benadeel word nie.
Vervoer
Wyses van vervoer sal geag word om deur middel van pad, spoor of lug plaas te vind.
Weiering
Indien enige ontvanger weier om eiendom versend, te ontvang, word transito geag voort te duur en die versekering ten opsigte van, sodanige eiendom bly van krag totdat die eiendom, in of op enige vervoermiddel by die ontvanger se perseel afgelewer is
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde alle redelike voorsorgmaatreëls tref, om te verseker, dat die eiendom so gou redelikerwys moontlik terugbesorg word.
Goedere in transito
  Bladsy | 94 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   94   95   96   97   98