Page 94 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 94
VERPLIGTE EERSTE BEDRAE BETAALBAAR
1. Eerste bedrag betaalbaar vir verliese ontdek meer as 12 (twaalf) maande nadat dit gepleeg is
Indien enige Omskrewe Gebeurtenis ontdek word langer as 12 (twaalf) maande nadat:
1.1 dit gepleeg is
1.2 die eerste gebeurtenis binne 'n reeks gebeurtenisse gepleeg is, deur een persoon of 'n aantal persone wat saamspan, word die bedrae vervat in die eerste bedrag betaalbaar-klousule soos volg verhoog:
1.2.1 indien verliese ontdek word meer as 12 (twaalf) maande nadat dit gepleeg is, maar nie meer as 24 (vier en twintig) maande daarna nie, word die eerste bedrag betaalbaar met 100% (een honderd persent) verhoog;
1.2.2 indien die polis uitgebrei is om daardie gedeelte van verliese in te sluit wat ontdek word, meer as 24 (vier en twintig) maande nadat dit gepleeg is, maar nie meer as 36 (ses en dertig) maande daarna nie, word die eerste bedrag betaalbaar met 150% (een honderd en vyftig persent) verhoog.
Nieteenstaande bogemelde, mag die Versekerde verkies om slegs vir daardie deel van die verlies te eis, wat binne ʼn korter tydperk ontdek is, in welke geval die eerste bedrag betaalbaar toepaslik, vir daardie korter tydperk van toepassing is.
2. Rekenaarverliese – eerste bedrag betaalbaar
Die eerste bedrag betaalbaar vermeld in beide eerste bedrae betaalbaar-klousules word in hierdie Afdeling outomaties met 100% (een honderd present) verhoog, indien die Omskrewe Gebeurtenis voortspruit uit die oneerlike:
2.1 manipulasie van;
2.2 invoering in;
2.3 onderdrukking van invoering in;
2.4 vernietiging van;
2.5 verandering aan;
enige nie-netwerk mikro-/persoonlike rekenaarprogram, -stelsel, -data of -programmatuur deur enige versekerde werknemer, wie se pligte die bestuur, toesig, ontwerp, skepping of verandering van rekenaarstelsels of -programme behels.
3. Verpligte eerste bedrag betaalbaar
Die bedrag betaalbaar, ingevolge hierdie Afdeling ten opsigte van, 'n Omskrewe Gebeurtenis waarby, een werknemer of enige getal werknemers wat saamspan, betrokke is, sal verminder word met:
3.1 2% (twee persent) as geheel van die versekerde bedrag onder die Afdeling en die verklaarde versekering of R60 000 (sestig duisend rand) wat ook al die minste is; plus
3.2 ʼn verdere bedrag van 10% (tien persent) van die netto bedrag betaalbaar na aftrekking van die bedrag in 3.1 hierbo gespesifiseer.
Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir beide bedrae en onverseker bly.
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
Bladsy | 92 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022