Page 92 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 92
Rekenaarverliese
As teenprestasie daarvoor, dat die Versekerde 'n bevredigende vraelys voltooi het, word die eerste bedrag betaalbaar- klousule vir Rekenaarverliese geskrap.
Terugwerkende dekking – geen vorige versekering van krag nie
Hierdie Afdeling is ook van toepassing op Omskrewe Gebeurtenisse soos hierkragtens verseker, wat tot 12 (twaalf) maande voor aanvang van hierdie Afdeling plaasvind, maar nie langer as 24 (vier en twintig) maande voordat dit ontdek is nie, met dien verstande die gebeurtenis ontdek word binne 12 (twaalf) maande na die beëindiging van die diens van die betrokke werknemer of binne 12 (twaalf) maande na die verstryking van hierdie Afdeling.
Verhalingskoste
Indien die Versekerde enige verlies ly, waarop hierdie Afdeling van toepassing is wat die versekerde bedrag hierkragtens oorskry, betaal die Maatskappy, benewens die versekerde bedrag, hoogstens die bedrag vermeld in die Skedule aan die Versekerde vir kostes en uitgawes wat noodsaaklikerwys met die toestemming van die Maatskappy (welke toestemming nie onredelikerwys weerhou sal word nie) aangegaan word, vir die verhaling of poging tot verhaling, van die werknemer ten opsigte van wie se oneerlike en bedrieglike optredes die eis ingestel is, van daardie gedeelte van die verlies wat die versekerde bedrag hierkragtens oorskry. Alle bedrae bo die gemelde deel van die verlies wat deur die Versekerde verhaal word, is tot die voordeel van die Maatskappy en die Versekerde, tot die mate van hierdie medeversekering, ingevolge die Verpligte eerste bedrag betaalbaar-klousule en/of Skedule.
Verlenging toegestaan by ontvangs van ʼn bevredigende stelseloudit ten opsigte van verliese wat ontdek word meer as 24 (vier en twintig) maande nadat dit gepleeg is
1. As teenprestasie daarvoor, dat die ouditeursfirma vermeld in die Skedule 'n bevredigende oudit gedoen het, van die Versekerde se stelsels van:
1.1 beheer;
1.2 ontdekking van bedrog, oneerlikheid en diefstal:
en onderworpe daaraan, dat die Versekerde al die aanbevelings vervat in, sodanige oudit implementeer en in stand hou:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Voorbehoudsbepaling 1.1 van die Omskrewe Gebeurtenisse (wat dekking beperk tot daardie deel van verliese wat binne 24 [vier en twintig] maande ontdek word) en Voorbehoudsbepaling 6 van die Vervangde Versekering-uitbreiding (indien van toepassing) geskrap word.
2. die eerste bedrag betaalbaar-klousule (of eerste bedrag betaalbaar soos in die Skedule gereflekteer) vir verlies ontdek meer as 12 (twaalf) maande nadat dit gepleeg is, geskrap word.
Verliese ontdek meer as 24 (vier en twintig) maande nadat dit gepleeg is, maar nie meer as 36 (ses en dertig) maande daarna nie
1. As teenprestasie vir die, betaling van 'n bykomende premie word Voorbehoudsbepaling 1.1 van die Omskrewe Gebeurtenisse vervang met:
1.1 “die Maatskappy is nie aanspreeklik vir alle verliese, wat plaasgevind het langer as 36 (ses en dertig) maande voor ontdekking nie”.
2. Indien hierdie Afdeling die Vervangde Versekering-uitbreiding insluit, word die tydperk waarna in Voorbehoudsbepaling 6 daarvan verwys word, vanaf 24 (vier en twintig) maande tot 36 (ses en dertig) maande verleng.
Vermindering/herstel van versekerde bedrag
Betaling deur die Maatskappy van enige verlies, waarby een werknemer of enige getal werknemers betrokke is, verminder nie die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van die res van die versekerde werknemers nie;
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
Bladsy | 90 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022