Page 89 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 89

 Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
  GETROUHEID (EERLIKHEIDSWAARBORG)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir verliese wat plaasgevind het, na die Terugwerkende Datum in die Skedule vermeld en gedurende die versekeringstydperk vir:
1. verlies van geld of ander eiendom wat aan die Versekerde behoort of waarvoor hul regtens verantwoordelik is, wat deur ʼn Versekerde werknemer gesteel word;
2. regstreekse finansiële verlies wat die Versekerde ly weens bedrog of oneerlikheid van 'n versekerde werknemer wat lei tot oneerlike persoonlike finansiële voordeel vir die betrokke werknemer;
3. verlies gely deur die Versekerde wat regstreeks veroorsaak is deur Diefstal deur Rekenaarbedrog;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. 1.1 die Maatskappy nie aanspreeklik is vir alle verliese wat langer as 24 (vier en twintig) maande voor ontdekking plaasgevind het nie;
2. alle verliese ontdek word nie langer as 12 (twaalf) maande nie, na die beëindiging van:
2.1 hierdie afdeling; of
2.2 hierdie afdeling ten opsigte van enige versekerde werknemer betrokke by 'n verlies; of
2.3 die diens van die versekerde werknemer of die laaste van die versekerde werknemers betrokke by 'n verlies
na gelang van wat eerste plaasvind;
3. die hernuwing van hierdie versekering van tydperk tot tydperk of enige verlenging van enige versekeringstydperk, nie die uitwerking het dat dit die Maatskappy se aanspreeklikheid ophoop of verhoog bo die versekerde bedrag vermeld in die Skedule nie. Indien die versekeringstydperk korter as 12 (twaalf) maande is, word die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk tot die bedrag vermeld in die Skedule gedurende enige versekeringstydperk van 12 (twaalf) maande bereken vanaf aanvang tot hernuwing.
4. hierdie versekering sal op ʼn “ieder-en-elke-gebeurtenis” grondslag funksioneer en die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van alle verliese gely wat uit een gebeurtenis voortspruit sal, nie die bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie, hetsy een Werknemer of Derde partye of enige getal Derde partye wat optree in samewerking met of onafhanklik van mekaar.
5. waar die Versekerde skadeloos gestel word ten opsigte van enige versekering, wat hierdie Polis vervang, sal die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk word tot slegs daardie gedeelte van die verlies, wat nie in terme van die vervangende polis betaalbaar is nie;
6. alle handelinge deur enige een persoon of waarby, sodanige persoon betrokke mag wees of by geïmpliseer word, sal as een gebeurtenis beskou word;
7. die uitdrukking “oneerlike persoonlike finansiële voordeel” nie voordeel deur 'n werknemer in die vorm van salaris, salarisverhogings, fooie, kommissie, bonusse, bevorderings of ander vergoeding sal insluit nie.
OMSKRYWINGS
 Werknemer
   1. enige persoon wat kragtens ʼn dienskontrak of vakleerlingskap by die Versekerde in diens is;
2. enige persoon wat van enige ander party aan die diens van die Versekerde gehuur of geleen word, wat die Versekerde ten alle tye geregtig is om te bestuur, te beheer en te beveel in die uitvoering van sy/haar pligte in die besigheid van die Versekerde;
3. studente, vrywilligers of persone in diens geneem vir jeugopleidings- en werkservaringsprogramme;
4. enige lid van die kuratorium van enige pensioenfonds, voorsorgfonds of bystandsfonds soos omskryf in die Inkomste Belastingwet 1962 deur die Versekerde gestig tot die voordeel van werknemers vermeld in 1
  Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 87









































































   87   88   89   90   91