Page 83 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 83

 Geld
 Lopers
Die versekering kragtens hierdie Afdeling, word uitgebrei om verlies van, of skade aan, die versekerde eiendom in te sluit, wat veroorsaak word deur, of gepaard gaan met, toegang tot houers deur die gebruik van ʼn loper of ander soortgelyke toestel (met uitsluiting van ʼn duplikaatsleutel);
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde tot bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat, ʼn loper of soortgelyke toestel gebruik is.
Seisoenale verhoging
Die gegewe hoofperk soos vermeld in die Skedule word met 15% (vyftien persent) verhoog gedurende die tydperk van 15 Desember tot 15 Januarie of enige ander gegewe tydperk vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as 15% (vyftien persent) van die hoofperk of R25 000 (vyf en twintig duisend rand) te betaal nie, wat ook al die minste is.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar, soos vermeld in die Skedule.
ONDERAFDELING B – PERSOONLIKE ONGEVALLE (aanranding)
Die uitdrukking “omskrewe gebeurtenisse” in Onderafdeling A sal geag word om die volgende in te sluit: liggaamlike besering, veroorsaak deur toevallige, gewelddadige, eksterne en sigbare wyse as gevolg van diefstal, of enige poging daartoe, aan die Versekerde of enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die Versekerde (hierna verwys na sodanige persoon) terwyl, sodanige persoon optree in die uitvoering van sy pligte in diens van die Versekerde.
Die Maatskappy sal aan die Versekerde betaal, namens sodanige persoon of sy/haar boedel, die gegewe bedrag(-e) soos hieronder uiteengesit, in die geval van liggaamlike besering aan, sodanige persoon wat volg binne 24 (vier en twintig) kalendermaande, ten opsigte van:
  • dood
• permanente ongeskiktheid
• mediese uitgawes
R10 000 (tien duisend rand) R10 000 (tien duisend rand) R10 000 (tien duisend rand)
      • redelike koste aangegaan, tot die gespesifiseerde bedrag, sal betaalbaar wees met betrekking tot chirurgiese, tandheelkundige, verpleeginrigting-
of hospitaal-behandeling (met inbegrip van die koste van kunsmatige hulpmiddele en kunsledemate en die koste en uitgawe wat aangegaan is vir noodvervoer of bevryding van sodanige persoon indien hy/sy vasgekeer is of om, sodanige persoon na ʼn plek van veiligheid te bring) wat binne 24 (vier en twintig) maande na die Omskrewe Gebeurtenis plaasvind
  Die Maatskappy sal hoogstens R15 000 (vyftien duisend rand) betaal
 Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
MEMORANDUM (van toepassing op permanente ongeskiktheidsvoordele)
1. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om enige een, sodanige persoon meer as die kapitale bedrag te betaal nie.
2. Hierdie voordeel is nie van toepassing op enige, sodanige persoon met ʼn ouderdom van jonger as 15 (vyftien) jaar of ouer as 70 (sewentig) jaar nie.
3. Sodanige persoon wat ʼn liggaamlike besering opgedoen het, waarvoor vergoeding ingevolge hierdie voordeel betaalbaar mag wees, moet ʼn mediese ondersoek en enige gespesifiseerde behandeling ondergaan. Die Maatskappy is nie aanspreeklik om enige betaling te maak nie, tensy hierdie voorbehoudsbepaling na sy bevrediging nagekom is.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 81








































































   81   82   83   84   85