Page 81 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 81
Diefstal
Eiendom in die ope (slegs wyn en verwante produkte in tenks)
Nieteenstaande enigiets tot die teendeel hierin vervat, word eiendom in die ope ingesluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. alle krane van wyntenks in die ope moet toegerus wees en beskerm word deur ʼn geslote omhulsel of soortgelyke veiligheidsapparaat wat ten alle tye behoorlik gesluit is wanneer, dit nie in gebruik nie;
2. dekking ten opsigte van hierdie Uitbreiding steeds onderworpe is aan die voorwaarde van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die geboue of tenk(s);
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis.
Gastehuise (akkommodasie en losies)
In oorweging van die betaling van ʼn bykomende premie word hiermee verklaar en ooreengekom dat die bewoording rakende ‟Omskrewe Gebeurtenis” ten opsigte van hierdie Afdeling aangepas word om as volg te lees:
‟Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van verlies van of skade aan alle inhoud, (die eiendom van die Versekerde of waarvoor hy/sy verantwoordelik is) in enige gebou by die versekerde perseel omskryf in die Skedule as gevolg van diefstal (of enige poging daartoe)
MET DIEN VERSTANDE DAT:
waar die inhoud van enige buiteverbruik of kroegvoorraad verseker is, diefstal van die inhoud van sulke buiteverbruik of kroegvoorraad gepaard moet gaan met sigbare, kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou(e), behalwe vir diefstal (of enige poging daartoe) na aanleiding van geweld of dreigement van geweld”.
Slegs kwaadwillige skade dekking
Verlies of skade direk veroorsaak deur, of vanweë, of as gevolg van die doelbewuste of opsetlike of onbehoorlike daad van enige persoon wat gepleeg is met die bedoeling om sodanige verlies of skade aan die versekerde eiendom aan te rig, maar slegs na aanleiding van diefstal of 'n poging daartoe (soos omskryf) en beperk tot die gegewe bedrag vermeld in die Skedule.
Verliese in die ope by die versekerde perseel (uitsluitend wyn en verwante produkte)
Verlies of skade aan eiendom (die eiendom van die Versekerde of waarvoor hul verantwoordelik is) soos gespesifiseer in die Skedule terwyl in die ope by die versekerde perseel beskryf in die Skedule as gevolg van diefstal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die perseel omhein is met ʼn sekuriteitsheining wat ten minste 1.8 meter hoog is;
2. die toegangshek(ke) ten alle tye behoorlik gesluit is;
3. die voorwaardes ten opsigte van sigbare, kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die perseel soos omskryf in die Omskrewe Gebeurtenis van hierdie Afdeling steeds sal geld;
4. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie Uitbreiding beperk sal word tot die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
5. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 79