Page 103 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 103

JUWEELGASHERE
Hulle was bruingebrand en skraal, hierdie twee vriende van baie jare -- soos kinders gewag langs die paadjie.
So opgewonde om ons te sien. In die kar in geswiep en op pad na Ölüdeniz, in die soel aand
gestop by ‘n lewendige plekkie.
Toe gaan ons weer aan, na hul huis op die berg-rand waar wilde varksnoete in ons hoofligte kos soek.
Daardie eerste oggend word ons wakker, kaalvoet op koel marmertrappe
af na babakatte en ontbyt, stoele in prieël se koelte
en anderkant die vallei sirkel hangvlieërs bo akwamaryn.



























































































   101   102   103   104   105