Page 105 - Microsoft Word - 1_light travels_FOR FLIPBOOK ADJUSTED.docx
P. 105

BREEK DIE OPPERVLAK
In Durban die dag voor die reis
het ek gaan stap, in my spore gestop – tussen horison en sand
spuit walvisse fonteine.
Daardie nag voor my vlug
droom ek walvisse speel digby die strand. Blink en nat. Ek word wakker,
gefassineer. Hul kleur
was okergeel.
‘n Paar dae aan in Fethiye,
met koffie en vye by die hawe spring ek uit my stoel –
net daar, op die rand van die kaai
breek ‘n seeskilpad die oppervlak. Eers sy kop, dan sy dop...
Hy rol om. Okergeel
geseëlde pens
verdwyn.




















































































   103   104   105   106   107